×
Skakel na Engels

Ondersteun die Orphan Bracelet Campaign

Deur die OBC te help, kan jy kinders in nood help asook vroue wat deur MIV/Vigs geaffekteer is, help bemagtig

Die Orphan Bracelet Campaign (OBC) help vigswesies deur hul primêre versorgers – gewoonlik vroue – toe te rus met die middele om selfversorgend te raak en hul gesondheid te verbeter. Die OBC is gestig deur die direkteur, Louise Hogarth, wat deur die vroue en kinders in haar rolprent Angels in the Dust geïnspireer is.

 

Angels in the Dust gaan om Marion Cloete – die fassinerende en charismatiese stigter van die Boikarabelo-kinderhuis – en haar ongelooflik “pleegkinders”, die talle jong kinders wat hul ouers aan Vigs moes afstaan.

 

Ná die verfilming van Angels in the Dust het Hogarth besluit om haar lewe daaraan te wy om Ubuntu uit te leef deur mense bewus te maak van die benarde toestand waarin weeskinders regoor die wêreld hulle bevind. “Ubuntu” kom van die Xhosa-woord wat “menslikheid teenoor ander” beteken en verwys na die geloof in ‘n gedeelde universele band wat die mensdom verbind.

 

Hogarth het die Orphan Bracelet Campaign begin as ‘n projek om geld in te samel vir vroue wat deur MIV/Vigs aangetas is, en kinders wat deur hierdie epidemie wees gelaat is.

 

 

Die armbandjies kos R150 en sal binnekort by uitgesoekte winkels te koop wees.

100% van die opbrengs word gebruik om vroue en kinders wie se lewens ernstig deur MIV/Vigs geraak is, te help.

 

Vir verdere inligting, besoek www.orphanbracelet.org  

Om jou bestellling te plaas, kontak Nicky Arthur: 071 298 8216 of nicky@nickyarthurpr.com

 

 

Hollywoodsterre soos Usher, Drew Barrymore en Rosario Dawson ondersteun reeds dié saak en dra die armbandjies, net soos ons eie Suid-Afrikaanse sterre soos Ryk Neetling, Chad Le Clos, Elana Afrika, Liezel Van der Westhuizen en Jen Su.

Rosario Dawson (Aktrise)

 

Simphiwe Dana (SA Xhosa-kletsrymer)

 

Jo Frost (Britse TV-persoonlikheid)

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Doen jou deel op Wêreldvigsdag

Haarkappers Teen Vigs neem dit op hulself om mense meer bewus te maak van MIV/Vigs. Só kan jy hulle help:

Close