×
Skakel na Engels

Ondersoek só jou moesies

Verlaag jou risiko vir velkanker deur gereeld jou moesies vir enige veranderinge te ondersoek

Young woman lookimg at birthmark on her back, skin. Checking benign moles

Gaan moesies na voordat jy sonbrand, terwyl jou vel nog bleek is. ‘Sonlig maak moesies donkerder, wat dit moeiliker maak om veranderinge raak te sien,’ sê Kate Grant, ’n verpleegspesialis by The Mole Clinic in die VK. Ondersoek jou vel gereeld sodat jy gewoond kan raak aan hoe jou vel normaalweg lyk; dit sal dit makliker maak om enige veranderinge op te merk.

Dís hoe jy jouself kan beskerm:

1. Vra jou maat of ’n vriend(in) om na die gedeeltes te kyk wat jy nie self kan sien nie.

2. Slegs ’n derde van melanome (velkankers) ontwikkel in bestaande moesies, so gaan jou vel gereeld na vir nuwes.

3. As jy meer as 50 moesies het, is jou risiko op velkanker groter wat beteken dat jy ekstra versigtig moet wees.

Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou moesies ondersoek:

Asimmetrie – verskil die twee helftes van die moesie wat vorm aanbetref?

Deursnit – hoe groot is dit? Die meeste melanome is minstens 6 mm in deursnee.

Kleur – is die moesie oneweredig wat kleur betref, met verskillende skakerings van swart, bruin of pienk?

Kundige – as jy twyfel, laat kyk daarna. Nie alle velkankers is dieselfde nie, so bespreek enige veranderinge aan jou vel met jou dokter.

Rand – is die rande oneweredig, vloei dit ineen met die vel of het dit kepe?

Lees meer

Melanoom – Die ware risikofaktore

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die eerste tekens van borskanker

Lyk of voel jou borste anders? Hier is sewe tipiese veranderinge waarvoor jy op die uitkyk moet wees

Close