×
Skakel na Engels

Onderarmvlekke

Sweterige vlekke kan jou klere ruïneer. Red jou kledingstukke só en laat dit boonop so vars soos ’n briesie ruik

onderarmvlekke

Geen geel

Klere vergeel as gevolg van sweet en antiperspirant wat op die materiaal aanpak. Week vlekke vir 15 sekondes in koue water om enige soute en sure wat vasgevang is te verdun. Werk ’n vloeibare wasmiddel wat ensieme bevat (soos Skip Fibre Protect) in die vlek in. Laat dit vir 15 minute staan. Was saam met materiaalbleikmiddel in die warmste water wat veilig is vir die materiaal.

Anti-klankie

Sweet is reukloos, maar bakterieë op jou vel laat dit sleg ruik. Ligte reuke kan hokgeslaan word deur ’n koppie koeksoda by jou masjien se was- en spoelsiklusse te voeg.

Maak dit volgende keer makliker:

  • Maak seker jou antiperspirant is droog voordat jy aantrek.
  • Takel sweterige hemde liewer vroeër as later. Om jou klere vir ’n paar dae in die wasmandjie te laat lê sal dit net erger maak.

Foto: iStock/PaulMichaelHughes

LEES OOK:

7 briljante gebruike vir opwasmiddel

8 wasgoedfoute wat jou klere verrinneweer

Droog wasgoed vinniger en bespaar energie!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om gesplete haarpunte te knip

Gesplete punte is die pes en so baie van ons stres daaroor. Óf ons sit en pluk, trek en breek...

Close