×

Om te koop, of nie

Besluite oor wat om te koop is makliker as jy jouself afvra watter kopie jou die gelukkigste sal maak

Smiling young woman holding dress and smiling while standing in clothing store

’n Oulike rok (nie afgemerk nie) vs. Drie so-so uitverkopingsitems

 

‘Kopers raak so vasgevang in hoeveel geld hulle spaar dat hulle uit die oog verloor hoe die item hulle sal laat voel,’ sê Kit Yarrow, ’n sielkundige. ‘As iets wat jy graag wil hê teen volprys beskikbaar is en jy dit kan bekostig, koop dit. Wat langtermynbevrediging betref, klop dit gewis talle goed op uitverkoping waarvan jy nie regtig hou nie.’

 

Drie manikure vs. Een massering

 

’n Studie wat in 2011 gedoen en in die Journal Of Consumer Psychology gepubliseer is, onthul dat klein dingetjies waarop jy gereeld geld uitgee, soos mani- en pedikure of lattes, jou gelukkiger maak as groot uitgawes.

 

’n Uitspattige herdenkingsparty vs. ’n Duur geskenk

 

‘Gestel jy kan vir elkeen betaal sonder om skuld aan te gaan, het navorsing steeds bevind dat sosiale kontak mense gelukkiger maak as ’n tasbare geskenk omdat die herinneringe blywend is, sê dr. Jim Roberts, ’n medeprofessor in bemarking aan Baylor University in Texas in die VSA.

 

Herstel dit vs. Vervang dit

 

‘Die meeste mense raak geheg aan geliefde items soos ’n paar gunsteling-jeans,’ sê Roberts, wat sy per- soonlike tyd en geld gebruik om ’n versamelaarsmotor te restoureer. As jy in ’n spesiale item se lang lewensduur belê, sal jy goed voel elke keer wanneer jy dit gebruik of dra.

 

Donasies vir liefdadigheid vs. Koop iets vir jouself

 

Dis vir almal bevredigend om iets vir ander te gee. Navorsers aan die Univer- sity of Oregon in die VSA het bevind dat sommige mense wat geld vir be- hoeftiges gee, meer aktiwiteite in die gedeelte van die brein registreer as wat gewoonlik met die ontvang van belonings geassosieer word.

 

Drie naweek-uitstappies vs. Een lang wegbreek

 

‘Navorsing het getoon dat korter veranderings op ’n gereelde grondslag jou gelukkiger maak as een lang wegkomkans. Lang vakansies kan meer stres meebring omdat jy jou ná ’n paar dae begin kwel oor die groot werklading wat op jou wag,’ sê dr. Mary Gresham, ’n finansiële sielkundige.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Advertensie-promosie: Spaar só geld op wasgoed was

Wasgoed was kan ’n duur storie raak. Lees hier hoe energiedoeltreffende wastoestelle jou ’n paar rand kan spaar

Close