×
Skakel na Engels

Oefen jou brein vir meer slaap

Die kuns is om by ’n slaapskedule te hou.
Oefen jou brein vir meer slaap

Ons almal weet ’n mens het sewe tot nege uur slaap nodig per nag, maar om seker te maak jy slaap genoeg, is nie altyd so maklik nie. Hier is ’n paar slaapslim wenke.

Die oplossing:

Begin deur jou roetine ’n paar dae lank neer te skryf; let veral op wat jy soggens en saans doen. Dink aan ’n paar maniere om meer slaap in te kry. Byvoorbeeld: Sal dit dalk beter wees om saans net ’n uur TV te kyk en nie twee uur nie, al sien jy daardie twee uur as ontspanning?

Wanneer jy wel jou slaapkamerlig afskakel, probeer keer dat enige negatiewe gedagtes die oorhand kry. Wanneer jy dink: “Vanaand gaan ek nie ’n oog toemaak nie,” dink aan ’n positiewe alternatief en sê vir jouself: “Ek gaan sommer gou aan die slaap raak.”

Dit kan tyd neem om dié denkpatrone te vestig, maar dis immers die moeite werd wanneer jy die volgende oggend vars en uitgerus wakker word.

Wenk:

Probeer om nie boeke te lees wat sterk emosionele reaksies ontlok nie. Tranetrekkers is byvoorbeeld nie ’n goeie idee nie, want jou brein kry dan die boodskap dat hy moet wakker bly en aanhou dink.

Let ook op wat jy wat jy eet en drink voordat jy gaan slaap. As jy honger is, gaan jy sukkel om aan die slaap te raak; dieselfde geld ook as jy te veel geëet het. Gun jouself ’n blaaskans van 45 minute tussen jou laaste happie en slaaptyd.

Dit gee jou liggaam kans om die kos te verteer voordat jy gaan slaap. Vermy gaskoeldrank met ’n hoë suikerinhoud, wat jou ’n kortstondige energie-inspuiting gee en dit moeilik maak om aan die slaap te raak.

Bron: Dr. Daniel Jin Blum, kliniese sielkundige en skrywer van Sleep Wise.

FOTO: iStock/izusek

LEES OOK: 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om jou kinders soggens uit die bed te kry

Saans kan jy hulle nie IN die kooi kry nie en soggens kan julle nie UIT die bed kry nie....

Close