×
Skakel na Engels

Nuwe skoonheidsneiging: Kremetartolie

Alles wat jy van hierdie nuwe helende olie moet weet

Kremetartolie kom van die sade van die kremetartboom. Die vel absorbeer dit maklik sonder dat dit porieë verstop, wat dit ’n uitstekende bevogtiger maak. Dis ryk aan omega 3-, 6- en 9-vetsure, asook vitamiene A, E en D en help om die vel meer elasties te maak. Dit streel ook ’n droë vel. Dit het kragtige antioksidante wat die vel teen skade van vry radikale beskerm en omdat dit ’n nievlugtige olie is, is dit velig om direk op die vel aan te wend omdat dit nie soos essensiële olies verdamp nie. Omdat dit koudgepers word, word die waardevolle eienskappe in die olie nie vernietig nie, wat in ’n warm pers kan gebeur.

Gebruik jou kremetartolie só:

  • Wend dit direk aan die vel aan om die vel se lae met vetsure en natuurlike olies aan te vul.
  • Gebruik dit as ’n bevogtiger en wend dit rondom die oë, mond en wange aan.
  • Voeg dit by jou bad of wend dit net ná ’n bad aan en maseer dit in jou nat vel in.
  • Voeg ’n paar druppels by jou vogroom en lyfroom.
  • As jy droë, beskadigde hare het, voeg kremetarolie by jou opknapper. Dit bevog en versterk hare.
  • Wend ’n klein hoeveelheid aan gebarste lippe.

Koste: R32 (5 ml), R118 (30 ml), R153 (50 ml), R234 (100 ml)

Produkte is by aanlyn voorraadhouers of uitgesoekte gesondheidswinkels en apteke beskikbaar. Besoek www.ecoproducts.co.za.

Lees nog skoonheidstories

Lees nog velstories

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Red ’n lewe met KPR

Leer om KPR te doen met hierdie 8 stappe en jy kan ’n lewe red

Close