×
Skakel na Engels

Nuwe neiging: Kleur jou hare in

Die nuutste neiging in die skoonheidswêreld is ’n veilige, maklike en nie-permanente manier om ’n bietjie pret met jou hare te hê. Ons wys jou hoe jy dit self by die huis kan doen:

 

 

“Hair chalking” is ’n nuwe neiging wat onlangs in Suid-Afrika posgevat het, en te danke aan Staedler SA kan ons dit nou almal sélf probeer. En die beste van als is dat dit veilig, maklik en nie permanent is nie.

 

 

So wat is dit?

 

Dis ’n nie-permanente manier om jou hare te kleur deur sagte pastelkryte te gebruik. Dis ’n lekker manier om die kinders mee besig te hou by ’n partytjie of tydens die skoolvakansie. Of jy kan self ’n bietjie pret daarmee hê!

 

 

Wat jy nodig het:

 

  • ’n Ou handdoek om jou klere te beskerm
  • ’n Spytkannetjie vol water
  • ’n Kam
  • ’n Haarknip
  • Weggooibare handskoene
  • Haartang
  • Haar-kryte (Gebruik sagte pastelkryt of Staedtler se Hair Chalk. Oliebasis-kryte sal jou hare vlek en gewone bordkryt sal nie genoeg kleur afgee nie.)

 

 

Doen dit self:

 

  1. Sit die ou handdoek oor jou skouers.
  2. Kies ’n string hare asook ’n kleur kryt van jou keuse. Oranje, pienk, pers en groen lyk goed op alle haarkleure.
  3. Die beste manier om genoeg kleur op jou hare te kry, is om die kryt soos ’n verfkwas te gebruik. Spyt van die water in jou hand en maak die kryt goed daarin nat.
  4. Neem nou jou string hare en trek die kryt daaroor om dit te kleur. (Jy kan self besluit hoe helder jy die kleur wil hê.)
  5. Maak seker die kleur bly op jou hare – gebruik ’n haartang om die string hare ’n bietjie warm te maak.

 

Staedtler Hair Chalk

 

 

Blond of bruin, lank of kort, styl of krullerig – “hair chalk” is geskik vir enige tipe hare. Was dit eenvoudig met sjampoe uit.

 

 

Wenke:

 

  • As jy blonde hare het, sal jy dalk jou hare meer as een keer moet was of die sjampoe ’n rukkie langer op jou hare laat.
  • Die kryte mag dalk jou hare effens droog laat, so gebruik gerus ’n haarmasker na die tyd om die glans in joiu hare te herstel.

 

 

Staedtler Pastel Chalks is beskikbaar in pakkies van 12, 24, 36 en 48 kryte. Vir meer inligting oor waar jy dit in die hande kan kry, e-pos Kerry Harrison: admin@staedtler.co.za of skakel Staedtler se hoofkantoor: 011 579 1600.

 

Teks: Intern vir Mode & Skoonheid, Jana Wessels

 

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Sit dié seisoen jou beste voetjie voor

Dra brogues saam met jeans, of saam met rokke en rompe om jou voorkoms ’n tikkie spitsvondigheid te gee

Close