×
Skakel na Engels

Nuwe gebruike vir ou plastieksakke

Het jy gedink inkopiesakke kan net vir een doel gebruik word? Dink weer.

Dis asof hulle vanself vermeerder, soos draadhangers in ʼn hangkas. Jy gaar hulle onder die kombuiswasbak op en neem jou voor om een saam te vat as jy weer gaan inkopies doen, maar jy onthou nie altyd nie. Dís hoekom jy dié vier slim hergebruike vir plastiekinkopiesakke nodig het.

 

  1. Moenie jou huis of kantoor bemors met ʼn nat sambreel wat drup sover as wat jy loop nie. Sodra jy binne is, vou die sambreel op en trek ʼn plastieksak daaroor. As jou sambreel nie te groot is nie kan jy dit selfs in jou handsak terugsit.
  2. Gebruik plastieksakke as handskoene om die “geskenkies” op te tel wat jou hond op die grasperk los. Dop die sak om en gooi dit dadelik weg. Druk een in jou broeksak as jy ʼn ent met jou troeteldier gaan stap.
  3. Moenie jou broek bemors as jy op die grond moet kniel om ʼn pap wiel reg te maak of onkruid uittrek nie. Vat twee plastieksakke en bind een om elke knie. Knoop die handvatsels agter sodat dit bobly.
  4. Frommel ʼn paar sakke op en druk dit onderin ʼn pot wat te diep is vir jou plantjie. Moenie die dreineringsgaatjie verstop nie.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kos is op die tafel

Hoe om jou gesin te kry om nié voor die televisie te eet nie

Close