×
Skakel na Engels

Nobilified: Die beste unieke geskenk vir iemand wat reeds alles het

Ons wed dis één ding wat jou vriend/kollega/baas nog nie het nie
Nobilified

Vroeër vanjaar het Google se Arts & Culture App, waarmee gebruikers hul selfie inspan om ’n portret soortgelyk aan hul foto in die app se databasis op te spoor, soos ’n veldbrand onder iOS- en Android-kliënte versprei. En wat kan nou beter wees as om jou dubbelganger in ’n bekende kunswerk te ontdek? Wel, Nobilified het met iets báie beter vorendag gekom! Hierdie aanlyn diens in Amerika skep handgeverfde olieportrette van hul kliënte wat hulle as koninklikes uitbeeld. Soos hulle op hul webwerf spog: “Om jou gesig in ’n bekende skildery te kry, was nog nooit so maklik nie!”

Pin hierdie artikel vir later. Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Hul gebruikersvriendelike diens is in vier maklike stappe verdeel: 1) laai jou foto op, 2) kies ’n skildery uit hul lys wat gereeld aangevul word, 3) voeg enige ekstras by (soos ’n foto van jou troeteldier) as jy wil, en 4) kies hoe groot die skildery moet wees. Die res is in Nobilified se bekwame kunstenaars se hande. Hulle bied gratis verskeping wêreldwyd, en skilderye (op skilderdoek – geraamde portrette is tans slegs in die VSA beskikbaar) neem net ’n paar dae om voltooi te word.

Hoewel dié olieskilderye aan die duur kant is (dit begin by $180 – sowat R2 160), moet jy erken dat dit onvergeetlike geskenke sal maak. En ons wed dis nou één ding wat selfs daardie het-reeds-alles-vriend of -familielid van jou nié besit nie! Volg Nobilified op Instagram vir idees en besoek nobilified.com om vandag nog jou kunswerk te bestel.

Van ons gewone mense tot selebs en selfs ons vierpotige vriende, almal kan in ’n meesterstuk omskep word . . . 

 

 

#TBT can’t have Yeezy without Kim #breaktheinternet #nobilified #Art

A post shared by NOBILIFIED (@nobilified) on

FOTO: iStock/valentinrussanov

LEES OOK:

5 apps wat elke werkende vrou móét hê

10 maniere om jou swangerskap op sosiale media aan te kondig

Is tronkstraf ons voorland vir Facebook-foto’s van ons kinders?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 prettige kopies vir jouself vir minder as R200!

Bederfgoed spesiaal vir jou!

Close