×
Skakel na Engels

Net 3 bewegings vir ʼn plat maag

Moeg vir opsitte? Dié drie maagoefeninge is baie doeltreffender

Aandag, alle besige vroue! Daar is ’n vinniger, doeltreffender manier om jou maag plat te kry: Jy hoef nie ’n enkele maagkrul of opsit te doen nie. Dié tradisionele  oefeninge span slegs ’n fraksie van jou middellyfspiere in. Om die maksimum verfermingsresultate te kry en ook kilojoules te verbrand, probeer Latreal se roetine, wat ontwerp is om jou te help om ál die spiere te teiken. (Jy sal sien daar is geen opsitte nie!)

Vir die beste resultate, herhaal dié roetine twee tot drie keer, drie keer per week, en doen op die meeste dae ook 20 minute se kardio-oefeninge.

Kyk hoe Latreal die bewegings demonstreer:

Dié artikel het oorspronklik in die Desember 2014-uitgawe van Good Housekeeping verskyn.

Beweging #1: Van-plank-na-piek

Oefen jou maag, skouers en rug

Dié maagoefening verbeter ook balans en postuur. Begin in die plankposisie met jou voorarms op die vloer en jou bene uitgestrek sodat jou lyf van kop tot tone ’n reguit lyn vorm. Lig jou heupe totdat jou lyf ’n omgekeerde “V” vorm. Sak af tot in die plankposisie vir een tot twee asemhalings. Herhaal 15 keer. Sluit af met 30 sekondes in die plankposisie. Te moeilik? Staan op jou knieë. Moet net nie vergeet om jou naeltjie en maagspiere die hele tyd ingetrek te hou nie.

Beweging #2: Heupknakke

Oefen jou maag en skouers

Begin op jou regtersy met jou bene opmekaar en jou knieë 90 ° gebuig. Stut jouself met jou regtervoorarm en lig jou heupe totdat dit in lyn met die res van jou lyf is. Laat sak en lig jou heupe 15 keer. Ruil kante en herhaal. Onthou om die elmboog waarop jy rus direk onder jou skouer te hou. Vir ekstra oemf, maak jou bene reguit.

Beweging #3: Bergklimmer

Oefen jou maag en bene; tel as kardio

Begin in die plankposisie. Maak jou maagspiere styf en bring vinnig jou regter- en dan jou linkerknie na jou bors toe. Herhaal vir 45 sekondes. Tel 1-2, 1-2, 1-2 om jou ritme te help hou. As dit te moeilik is, probeer dié beweging met jou hande op ’n bankie of platform.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat jou haarpaadjie van jou persoonlikheid sê

Jy dink dalk jy stileer jou hare om by jou gesigvorm te pas, maar daar is blykbaar meer agter jou...

Close