×

Naweekpret

Ons het vir jou drie gesinsvriendelike geleenthede vir die naweek

 

 

KAAPSTAD

 

Groote Post-kontreimark

 

Kry jou gesin bymekaar en vaar die platteland in vir die Pentz-familie se kontreimark in die tuin op Groote Post naby Darling. Verwag fynproewerkos, kuns en kunsvlyt, huisware en dekor, lewende vermaak, hope pret vir die kinders en, natuurlik, Groote Post se wyn.

 

WANNEER: Sondag 31 Augustus, Sondag 28 September, Sondag 26 Oktober, Sondag 30 November en Sondag 28 Desember 2014. 10:00 tot 15:00.

WAAR: Groote Post-landgoed, Darling

KOSTE: Gratis

INLIGTING: 082 877 6677, eldre@iloveyzer.co.za, www.facebook.com/GrootePostCountryMarket of www.grootepost.com

BESPREEK: N.v.t.

 

 

 

JOBURG

 

Cirque Éloize

 

Geniet die betowerende, polsende en asemrowende akrobatiese en sirkustoertjies, straatdanse en hiphop-uitvoerings by dié gesinsvertoning – vir die eerste keer in SA.

 

WANNEER: Dinsdag 19 Augustus tot Sondag 14 September 2014; Dinsdae tot Saterdae om 20:00; Saterdae om 15:00; en Sondae om 14:00 en 18:00.

WAAR: Teatro by Montecasino

KOSTE: R120 tot R400

INLIGTING: www.cirque-eloize.com/en/home

BESPREEK: Computicket

 

 

 

BLOEMFONTEIN

 

Vrystaatse Terriërkampioenskap en hondevertoning

 

Sien die beste viervoetige vriende in die Vrystaat by die Honde-unie van Suider-Afrika en die Vrystaatse Terriërklub se jaarlikse kampioenskapskou. Kom honger – daar sal kos (en ’n kroeg) beskikbaar wees.

 

WANNEER: Saterdag 30 Augustus 2014, 08:00

WAAR: Bobbiespark-sportterrein, Bloemfontein

KOSTE: Gratis

INLIGTING: 051 447 0819 of mariejvn@gmail.com

BESPREEK: N.v.t.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 

Naweekpret

Van speletjies tot interieurontwerp en disosourusse, daar’s iets vir almal

 

 

DURBAN

 

 

Highland Games

 

Toets jou man se ywer in verskeie wedstryde, waaronder paalgooi (“tossing-the caber”, 75 kg), gewigdra (“carrying-the-weight”, 74 kg) en gewigstoot (“running-the-shot-put”, 26 kg), by die Scottish Leader Highland Games. Daar sal ook toutrek, ’n mylresies in kilts deur die veld, ’n massa-vertoning met doedelsakke en tromme, tradisionele danse, musiek en ’n uitstalling van plaaslike kunstenaars se werk wees.

 

Geniet die kos by verskeie stalletjies en die pret wat Scottish Leader-whisky en Distell aanbied. Vir diegene wat meer van whisky-waardering wil weet, sal Pierre Meintjes, een van net 159 Meesters van die Quaich, twee BBP-whisky-proeë aanbied.

 

Die kinders sal by dié gesinsgeleentheid met ’n klimraam, springkasteel, Slush Puppie-stalletjie en roomysstalletjie vermaak word.

 

WANNEER: Saterdag 9 Augustus 2014, vanaf 08:30

WAAR: Michaelhouse, Balgowan, KZN-Middellande

KOSTE Volwassenes: R60; skoliere en pensioentrekkers: R25

INLIGTING: 083 227 2376, www.highlandgamessouthafrica.co.za

BESPREEK: Kaartjies is by die hek beskikbaar

 

 

 

JOHANNESBURG

 

 

Decorex en 100% Design South Africa

 

Wil jy jou huis se dekor en ontwerp verander? Geniet dié naweek twee ontwerptentoonstellings vir die prys van een.

 

Decorex sluit alles in van eersteklas afwerkings vir jou huis tot pragtige dekorbykomstighede, gereedskap en vondste vir badkamers, kombuise en tuine. Interaktiewe demonstrasies en ontwerper-opslaan-restaurante en -kroeë is deel van die aanbiedings.

 

Verwag by 100% Design South Africa die beste van kontemporêre interieurontwerp en nuwe neigings vir meubels, beligting, materiale en kunsvoorwerpe. Kyk uit na die 100% Lodge Collaboration van Home Fabrics met Karen Roberts Interiors, Head Interiors en M-Interiors. Zonnebloem-wyne sal daar wees en ’n seleksie van Zonnebloem se nuutste gehaltewyne kan daagliks tussen 12:00 en 15:00 geproe word.

 

WANNEER: Woensdag 6 tot Saterdag 9 Augustus: 10:00 tot 19:00; Sondag 10 Augustus: 10:00 tot 18:00

WAAR: Saal 1, Gallagher-konferensiesentrum

KOSTE: Volwassenes: R100; studente/pensioentrekkers: R85; kinders onder 12: R15 (kaartjies dek albei uitstallings.)

INLIGTING: www.decorex.co.za, www.100percentdesign.co.za

BESPREEK: Webtickets

 

 

 

KAAPSTAD

 

 

Days of the Dinosaur

 

Loop tussen 45 bewegende, brullende, lewensgrootte dinosourusse by Days of the Dinosaur.

 

Hoogtepunte sluit in ’n 3D-teater, dinosourustekeninge, ’n dinosourus-sandboks, ’n uitgrawingsone, interaktiewe dinosourusse en ’n dinosourus-rit.

 

WANNEER: Donderdag 31 Julie tot Woensdag 20 Augustus 2014. Die deure open om 09:00.

WAAR: Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum

KOSTE: Volwassenes: R140; 18 en jonger: R95; gesin van vier: R395

INLIGTING: www.daysofthedinosaur.co.za

BESPREEK: Computicket

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skakel na Engels

Naweekpret

Van kos tot plante en dekor – ons het iets vir almal om te doen. Deur Leah van Deventer

KAAPSTAD

The Tapas Bar by The Old Biscuit Mill

Geniet vars, eksotiese tapas terwyl jy die pragtige kuns by The Bello Studio geniet.

Die spyskaart verander weekliks, maar verwag ongelooflike volhoubare seekos soos mossels, oesters, gepiekelde calamari en ceviche; antipasto-borde met artisjokke, chorizo, olywe, kaas, ’n eiervrugdoopsous en brode; geroosterde rissie en babatamaties; en gemarineerde sampioenkebabs.

Die breekware is net so besonders. Die tapas word in oorspronklike Spaanse tapas-bakkies en plaaslike terracotta-erdeware van ’n plaas buite Stanford opgedien.

En om dit mee af te sluk? ’n Pot vino caliente is net die ding om jou warm te hou, of jy kan kies uit organiese plaaslike vonkelwyn, Prosecco, Italiaanse bier, limonade of gemmerlim. Jy is ook welkom om wyn of koffie van die winkels op die onderste verdieping in te bring.

As die Mediterreense gevoel jou inspireer, kry ’n paar goedjies by die opskiet-winkel om saam met jou huis toe te neem. Kies Italiaans met gemarineerde sampioene, geroosterde soetrissies, truffelolie, limoncello, chianti-wyne, amaretti-koekies, nougats en gegeurde olyfolies.

Spaanse keuses sluit cava-wynasyn, sjerrie-asyn, knoffelasyn, kappertjiebessies, kappertjiesade, gerookte paprika, tapasbakkies en espadrilles in.

Die kuns verander ook gereeld. Weskus-geïnspireerde skilderye deur die kunstenaar Roelie van Heerden word op die oomblik in die ateljee uitgestal.

WANNEER: Saterdae van 10:00 tot 16:00

WHERE: The Bello Studio, The Old Biscuit Mill

KOSTE: Gratis toegang

INLIGTING: The Tapas Bar, Bellovista Productions, 072 323 5036

DURBAN

Jaarlikse Queensburgh-orgideeskou

Koop ’n paar pragtige plante by die Queensburgh-orgideeklub se jaarlikse extravaganza of geniet eenvoudig die oorvloed van eksotiese blomme.

Plantmiddels en -toebehore, blomhouers en verversings is ook te koop.

WANNEER: Saterdag 26 en Sondag 27 Julie 2014, 10:00 tot 16:00

WAAR: Kloof-stadsaal, Ou Hoogweg, Kloof

KOSTE: Volwassenes R10, skoliere R5

INLIGTING: 082 8091 572

PORT ELIZABETH

Port Elizabeth Algoa FM Homemakers Expo

Ontmoet PE se voorste huisverbeteringskenners en besigtig die nuutste neigings en produkte vir huisverbetering, dekor, meubels en leefstyl.

Kyk hoe plaaslike ontwerpers ’n ou kombuis- of eetkamerstoel in iets ongeloofliks en individueels omskep en bie dan daarop in die Chairs for Charity-veiling.

Ontmoet koffiekenners by die gewilde Oos-Kaapse Barista-kampioenskap en Coffee Lovers Theatre, en leer ’n paar truuks van topbaristas.

 

En wanneer jy honger raak, maak ’n draai by die Gourmet Garage vir ’n wonderlike verskeidenheid kos en deli-goedjies.

WANNEER: Donderdag 24 Julie tot Sondag 27 Julie 2014. Donderdag en Vrydag 10:00 tot 20:00, Saterdag 09:00 tot 20:00, Sondag 09:00 tot 17:00

WAAR: The Boardwalk

KOSTE: Volwassenes: R40; Seniors: R20; Kinders onder 12: GRATIS

INLIGTING: 041 373 6616, pe@homemakers-sa.co.za, www.homemakersonline.co.za

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 

Naweekpret

Dis alles oor flieks, flieks, flieks. Deur Leah van Deventer

LANDWYD

Chopped South Africa

Kyk hoe kook vier opgeleide sjefs binne spertye om ’n geheime verskeidenheid van alledaagse bestanddele in ’n uitmuntende driegangmaaltyd te omskep. Ná elke gang bied die sjefs hul skepping vir ’n paneel kosbeoordelaars aan. Die verloorder word ge-“chop” en aan die einde kry die wenner R40 000!

Dié TV-werklikheidsprogram word deur Denvor Phokaners aangebied en die beoordelaars sluit die Suid-Afrikaanse kossterre Jenny Morris, Siba Mtongana, David van Staden, Lindsay Venn en Rebecca Hurst in.

WANNEER: Die eerste vertoning is op Woensdag 23 Julie om 21:00 met weeklikse episodes daarna.       

WAAR: Food Network (DStv-kanaal 175)

LANDWYD

Gratis vertoning van Mandela: Long Walk to Freedom

Woon ’n gratis vertoning van Mandela: Long Walk to Freedom by uitgesoekte Ster-Kinekor-teaters oor Suid-Afrika heen by met die komplimente van Videovision Entertainment, die Nelson Mandela-stigting en Ster-Kinekor.

Die inspiratoriese fliek vier Nelson Mandela se buitengewone lewensreis van sy kinderdae in ’n landelike dorpie tot sy verkiesing as die president van Suid-Afrika. Dit sal mense motiveer om ’n verskil in die lewe van minderbevoorregtes te maak.

WANNEER: 09:45, Vrydag 18 Julie 2014

WAAR: Deelnemende Ster-Kinekor-teaters: Blue Route, The Bridge, Brooklyn, Carlton, Carnival City, Cavendish Square, Cresta, Eastgate, Festival Mall, Gateway, Greenstone, Mall Of The North, Maponya, Mimosa, Mooirivier, Musgrave, N1 Stad, Northgate, Northmead, Parow, Promenade Mall, River Square, Rustenburg, Sandton, Secunda, Shelly Beach, Southgate, Sterland, Westgate, Wonderpark, Zone@Rosebank

KOSTE: Gratis

INLIGTING: www.sterkinekor.com

 

 

DURBAN

Durbanse Internasionale Fliekfees

Geniet jou keuse van meer as 200 vertonings van nuwe flieks van Suid-Afrika en elders by die 35ste jaarlikse Durbanse Internasionale Fliekfees.

Hoogtepunte sluit in Nelson Mandela: The Myth and Me deur Khalo Matabane, Boyhood deur Richard Linklater, One Humanity deur Mickey Dube, I, Afrikaner deur Annalet Steenkamp, Cold Harbour deur Carey McKenzie, Black Coal, Thin Ice deur Diao Yinan en Jane Pollard en 20 000 Days on Earth deur Iain Forsyth.

 

WANNEER: Donderdag 17 tot Sondag 27 Julie 2014

WAAR: Suncoast Cinema, Ster-Kinekor Musgrave, UKZN Elizabeth Sneddon-teater, Cinema Nouveau, Southern Sun Elangeni-hotel, Luthuli-museum, Ekhaya-multi-kunstesentrum, KZNSA

KOSTE: Verskillende pryse

INLIGTING: www.durbanfilmfest.co.za  

BESPREEK: diff@ukzn.ac.za of 031 260 2506

KAAPSTAD

Solar-fliekfees

Neem die kinders fliek toe teen net R10 per persoon! Die prettige program met ’n ruimte-tema sluit in:

10:00 en 15:00 – Earth’s Wild Ride

11:30 – The Secret of the Cardboard Rocket

13:00 – Two Small Pieces of Glass

Die flieks is geskik vir kinders van vyfjarige ouderdom en ouer. Beperkte plekke is beskikbaar.

 

WANNEER: 09:00 tot 17:00, tot Sondag 20 Julie 2014

WAAR: Planetarium, onderste verdieping, Edgars-binnehof, Cavendish Square

KOSTE: R10 per persoon

INLIGTING: kate@primelife.co.za of 021 657 5611

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skakel na Engels

Naweekpret

Eet dié naweek uit, woon ’n fees by of raak fiks! Deur Leah van Deventer

KAAPSTAD

Sondagmiddagete met soveel vonkelwyn as wat jy wil hê

Bederf jouself met ’n heerlike buffet-middagete by 15 On Orange se Savour-restaurant.

Op die eerste Sondag van die maand skep die uitvoerende sjef, Sanel Esterhuyse, ’n oorvloed van fynproewergeregte, waaronder 15 voorgeregte en slaaie, 11 seekosgeregte, sewe hoofgeregte en ’n berg van gâteau, fyngebak en koeke.

En dit is nie al nie: Jy kan al hierdie dekadente eetgoed saam met soveel Graham Beck MCC geniet as wat jy wil.

Al is die hotel gewis ’n lus vir die oog, is dié middagete nie net vir grootmense nie – kinders onder 12 kan gratis eet. En terwyl jy jou pad deur die buffet oop eet en drink, word hulle met springmielies en flieks in die hotel se private klankkamer vermaak.

Ondergrondse parkering is ingesluit, maar jy sal dit dalk wil oorweeg om ’n taxi te haal om die ondervinding regtig te geniet.

WANNEER: 12:30, Sondag 6 Julie 2014 (en elke eerste Sondag van die maand daarna)

WAAR: Savour-restaurant, 15 On Orange-hotel

KOSTE: R495 per persoon, bodemlose vonkelwyn ingesluit. Grats vir kinders onder12.

INLIGTING: www.africanpridehotels.com/15onorange

BESPREEK: 021 469 8000, reservations@15onorangehotel.com

GORDONSBAAI

Winterwonderland

Trek die kinders lekker warm aan en neem hulle na dié prettige jaarlikse fees, wanneer die idilliese Gordonsbaai in ’n betowerende winterwonderland van wit ligte, sneeu en gesinspret omskep word.

Die karnavalnaweek begin Vrydag met ’n openingsparade. Die dorp wemel van plaaslike musikante, vermaak, allerhande geleenthede, markte, kos, biertuine, kindervermaak, pretritte en meer.

Besoekers word aangemoedig om komberse en kosskenkings by die inligtingstoonbank te laat. Dit sal dan aan behoeftiges in die gemeenskap versprei word.

 

WANNEER: Fees van ligte: Vrydag 27 Junie tot Sondag 20 Julie 2014; Karnavalnaweek: Vrydag 4 tot Sondag 6 Julie 2014

WAAR: Gordonsbaai

KOSTE: R10 per persoon vir die naweek

INLIGTING: www.winterwonderland.co.za

GAUTENG

Parkwedlope

Kry jou reg vir die opkomende 702 Walk the Talk-geleenthede, of kry sommer net in die volgende weke ’n bietjie oefening met Parkruns.

Die Parkruns is 5 km lank, die tyd word gereguleer, en dis veilig en maklik om aan deel te neem. Dit word gerieflik op verskeie plekke in Gauteng aangebied.

Om ’n Parkrun-geleentheid naby jou te kry, besoek www.parkrun.co.za. Registreer, druk jou strepieskode uit en wys dit by die Parkrun.

Vitality-lede verdien punte. Maak seker jy skakel jou Parkrun-profiel met jou Discovery-lidmaatskap wanneer jy jou strepieskode druk.

WANNEER: Discovery 702 Walk the Talk: Sondag 27 Julie

WAAR: Discovery 702 Walk the Talk: Marks Park-sportklub, Joburg; Parkwedlope: verskeie plekke

KOSTE: Gratis

INLIGTING: www.parkrun.co.za; http://walkthetalk.co.za/

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skakel na Engels

Naweekpret

Dié naweek gaan dit alles oor sjokolade

 

 

Bekendstelling van Lindt Hello

 

Kry die hele gesin bymekaar en gaan proef die heerlike nuwe Lindt Hello-sjokoladereeks.

 

Jou sjokoldemonster kan dalk ’n plakker ophê. As jy een van die gelukkiges is, sal jy ’n prys uit die reeks wen of jy sal genooi word om aan die kompetisie om die groot prys mee te ding: ’n vlug ter waarde van R15 000 na enige plek in die wêreld, R10 000 sakgeld, ’n digitale kamera en ’n tas vol Lindt Hello-sjokolades!

 

Hoe ook al, daar is geen verloorders wanneer gratis sjokolade in die prentjie is nie!

 

Kan jy nie gaan nie? Neem aanlyn aan die kompetisie deel.

 

Die Lindt Hello-reeks is eksklusief by Woolworths (R14,95 tot R64,95) beskikbaar.

 

Bepalings en voorwaardes geld.

 

 

WAAR & WANNEER:       

   

KAAPSTAD

V&A, Barrow-binnehof:

13 tot 16 Junie 2014, 09:00 tot 19:00

 

Cavendish Square, Col-Cacchio-binnehof:

20 tot 21 Junie, 09:00 tot 19:00

22 Junie 2014, 09:00 tot 15:00

 

Canal Walk, Woolworths-binnehof op die boonste vlak:

27 tot 29 Junie 2014, 09:00 tot 19:00

 

JOHANNESBURG

Fourways-winkelsentrum, modebinnehof:

13 Junie 2014, 09:00 tot 18:00

14 tot 15 Junie 2014, 09:00 tot 15:00

 

PRETORIA

Menlynpark, Woolworths-binnehof:

27 tot 28 Junie 2014, 09:00 tot 19:00

29 Junie 2014, 09:00 tot 17:00

 

DURBAN

Gateway Theatre of Shopping, Cavendish-binnehof:

20 tot 21 Junie 2014, 09:00 tot 19:00

22 Junie 2014, 09:00 tot 18:00

 

KOSTE:           Gratis

 

INLIGTING:   www.facebook.com/LindtChocolateSA

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skakel na Engels

Naweekpret

Kry ’n baba-oppasser en ontspan dié naweek saam met jou vriende. Hier is ons topkeuses van ’n paar wonderlike volwasse aktiwiteite:

KAAPSTAD

 

Best of Bond by die Pepperclub-hotel-en-spa

 

Vir alle 007-aanhangers: Die Best of Bond-fees is by die glansryke vyfster-Pepperclub-hotel-spa in die stadskom aan die gang. Sluit aan by die stralerjakkers by die private vertoning van jou gunsteling-Bond-fliek.

 

Stap deur die weelderige ontvangs met die rooi hoërug-leerstoele en sit aan in die moderne restaurant Sinatra’s (kyk uit na die treffende swart-en-wit beelde van The Voice teen die mure). Hier kan jy ’n welkome martini geniet voordat jy wegval aan jou keuse van vars lynvis of ’n sappige kruisskyf. Beweeg dan af met die trappe na die luukse, private Odean-teater met 29 sitplekke. Dis ’n intieme retro-vertoonkamer in die styl van die 60’s. Daar is selfs springmielies om te geniet terwyl jy na goeie ou 007-aksie kyk.

 

Die Best of Bond-pakket sluit ook gratis, veilige onderdakparkering in. Heerlike voor- en nageregte is teen bykomende koste by Sinatra’s beskikbaar, en dalk wil jy jou aand met ’n drankie by die elegante Piano Lounge of die Paparazzi Bar uitrek.

 

Op die program:

14 Maart:     Live and Let Die

21 Maart:     Tomorrow Never Dies

28 Maart:     Skyfall

 

  • Wanneer: 20:00, Vrydae in Maart (met ’n tweede vertoning om 10:00 as die 20:00 een vol bespreek is). Gaan vroegtydig om aandete te geniet voor die tyd.
  • Waar: Pepperclub-hotel-spa
  • Koste: R189 per persoon
  • Inligting: www.pepperclub.co.za
  • Bespreek: 021 812 8888, banqueting@pepperclub.co.za

 

 

Kaapstad-karnaval  – Imagine

 

Dié kleurvolle, lewendige, feestelike jaarlikse gebeurtenis is ’n amptelike projek van 2014 se Wêreldhoofstad vir Ontwerp. Dit vang die gees van die moederstad vas met manjifieke groot vlotte, buitensporige kostuums en indrukwekkende dansroetines.

 

Trek ’n oordadige “Imagine”-kostuum aan en neem deel aan die pret wanneer die karnval die stad se strate vir die nag oorneem. Vir die hongeres is daar iets te ete by die kosstalletjies.

 

Volg die twee uur lange parade saam met ander karnavalgangers en dans heelnag saam met DJ Fresh en die Suid-Afrikaanse supergroep MiCasa.

 

  • Wanneer: Van 15:00 op 15 Maart 2014; die parade begin om 19: 30
  • Waar: Fan Walk, Groenpunt
  • Koste: Gratis
  • Inligting: www.capetowncarnival.com

 

 

JOBURG

 

Madame Zingara After Forever Tour

 

Johannesburgers sal bly wees om te hoor die Madame Zingara-familie keer terug na die Goudstad met die ongelooflike After Forever-toer.

 

Die beroemde 80 jaar oue Belgiese spieëltent waarin die vertoning aangebied word, is in ’n betowerde woud omskep. Hier word die After Forever-verhaal met behulp van verskeie betowerende plaaslike en internasionale vertonings vertel, waaronder Mongoliese prinsesse se lyfvlegvertoning, Russiese akrobate en rooiwarm Gaucho’s. Die skreeusnaakse hansworstoertjies van Hot Mr C en die pragtige klanke van The Specifics waarborg dat daar iets vir almal is.

 

En natuurlik kan jy dit alles geniet terwyl jy met ’n liplek-lekker viergang-feesmaal bederf word.

 

 

 

BLOEMFONTEIN

 

Skaap-en-bierproe

 

Proe nie minder nie as 11 verskillende spesies skaapvleis, waaronder merino, dorper en duhne, met ’n bier om daarby te pas. Daar sal rugby op die grootskerm wees, asook ’n vertoning deur die Campbells, musiek en dans in die biertent.

 

  • Wanneer: 16:00
  • Waar: De Oude Kraal, 35 km suid van Bloemfontein op die N1 na Kaapstad
  • Koste: R250 per persoon
  • Inligting: 051 564 0636/733, info@deoudekraal.com

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skakel na Engels

Naweekpret

Geniet dié naweek ’n glasie wyn, laat die kinders aktief wees of luister na akoestiese klanke

 

 

KAAPSTAD

 

Die Fees van die Druif

 

As jy lus is vir ’n bietjie wynproe, moenie die Durbanville-wynvallei se Fees van die Druif dié naweek misloop nie. Skop jou skoene uit en gaan trap en pars self ’n bietjie druiwe. Altesame 12 wynplase in die vallei neem aan dié prettige fees deel wat op die prentjiemooi D’Aria-wynlandgoed sal plaasvind. D’Aria word deur pragtige wingerde omring en is dus die ideale ligging vir ’n bietjie ontspan, kuier en natuurlik wyn drink.

 

Wanneer:  Saterdag 1 en Sondag 2 Maart

Waar: D’Aria-wynlandgoed, Durbanville

Koste: Volwassenes: R50; onder-12’s: gratis toegang; R20 vir toegang tot die kindergebied.

Bespreek: www.webtickets.co.za.

 

 

JOHANNESBURG

 

Avianto-landgoed se gesinsdag

 

Neem jou gesin dié naweek na die Avianto-landgoed se klubhuis-en-sportpark vir aksiebelaaide vermaak. Vir die kleinspan is daar ’n pretwedloop, bergfietsresies, gesigverf, kolwyntjieversier-sessies, visvang (bring jou eie stok), springkastele, ’n swembad en ’n hele rits Playball-aktiwiteite. Volwassenes kan wyn proe en kos en drank by die stalletjies geniet – bring kontant. As julle julself wil bederf, bestel vooraf ’n piekniekmandjie en gaan span op die oewer van die Krokodilrivier uit. Onthou ’n kombers!

 

Wanneer: Saterdag 1 Maart

Waar: Driefonteinweg, Muldersdrift

Koste: Kinderresies R40 tot R80, aktiwiteite van gratis tot R60, pieknieks R180 vir twee volwassenes.

Inligting: 011 668 3000, info@avianto.co.za of www.avianto.co.za

Skryf jou kinders vir die resies in: www.ilumin8events.com

 

 

PRETORIA

 

’n Luilekker Sondag by Klitgras Drumming

 

Ontspan onder die seilafdak of bring jou eie kampstoele, komberse en gazebos na dié buitelug- akoestiese musiekkonsert. Piekniekmandjies, tradisionele pizzas en ’n kroeg met oorgenoeg voorraad sal jou honger en dors stil. Dis ’n gesinsgeleentheid en troeteldiere is welkom, mits hulle aan leibande gehou word sodat hulle nie die voëls jaag nie! Hierdie week se program sluit onder andere die Emile Swiegers-groep, Bertus van Zyl, Wiam Otto, Ga-Gorib en Azurdee & The Blue River Band in.

 

Waar: Elke Sondag van die maand, 11:00 tot 17:00

Where: Plot 62, Garsfonteinweg (langs die Excel-vulstasie), Tierpoort

Koste: R60 vir volwassenes; gratis vir kinders onder 12

Inligting: 083 311 0025, andries@klitsgras.co.za of http://klitsgras.co.za/chillin-sunday/

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Naweekpret

Van speletjies tot interieurontwerp en disosourusse, daar’s iets vir almal

Close