×
Skakel na Engels

Natuurlike insek- afweermiddels

Drie natuurlike, ekovriendelike oplossings om peste wat jou huis met jou wil deel, te bestry

Natuurlike, ekovriendelike oplossings om insekte af te weer is deesdae baie gewild. Dié oplossings is veiliger en dikwels doeltreffender as die chemiese plaagbestryders om miere, vlieë, kakkerlakke en ander peste wat jou huis met jou wil deel, te bestry. Hier is ’n paar natuurlike afweermiddels wat jy sommer tuis kan maak:

 

1. Mot se moses

Wanneer vismotte se silwerkleurige koppies in jou kaste of op jou spensrakke verskyn, moet jy vinnig van hulle ontslae raak. Ons voorstel: sit gedroogde laventel op hul kuierplekke neer.

 

2. Ongenooide gaste

Sprinkel rooi rissiepoeier, paprika of gedroogde peperment op mierspore en naby ingange om die miere se opmars na jou huis te keer. Sitrusolie is ook ’n natuurlike miergif. Meng enige sitrusolie met water en giet dit in ’n sproeibottel om die miere daarmee te bespuit as hulle weer opdaag.

 

3. Muskietejag

Sitronella, bloekomolie, peperment en sitroengras is alles doeltreffende muskiet-afweermiddels. Meng enige van hierdie olies met water en ’n skoon drinkbare alkohol soos vodka. Gebruik ’n sproeibottel en spuit die mengsel naby vensters en deuringange.

 

Hou hulle van die begin af weg

Die meeste insekte word deur kos en water aangetrek, daarom moet jou kombuis skoon wees. Verwyder die vullissak gereeld en bêre kos en drinkgoed in lugdigte houers.

 

Wees versigtig

Wees versigtig wanneer jy enige van hierdie afweermiddels meng. Wees op die uitkyk vir enige tekens van allergiese reaksies. Hou sulke insek-afweermiddels ook buite bereik van kinders.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om jou huis skoon en vars te laat ruik

Maklike wenke en oplossings vir hoe om jou huis skoon en vars te laat ruik

Close