×
Skakel na Engels

Nampak se groot Trek for Trash begin

Die avonturiers vir sosiale verandering Michael Baretta en Camilla Howard tel die dae af na die begin van hul ekspedisie van 3 000 km

Nampak Bevcan, Nampak DivFood en Collect-a-Can se titelborgskapsinisiatief ‘CAN DO! Trekking for Trash’ sal aan die begin van Oktober 2012 afskop. Die avonturiers vir sosiale verandering Michael Baretta en Camilla Howard is besig om die dae af te tel tot by die begin van hul ekspedisie va 3 000 km en is tans volstoom aan die oefen daarvoor.

 

Die trek sal ongeveer sewe maande duur. In dié tyd sal Michael en Camilla die Suid-Afrikaanse kuslyn volg terwyl hulle nie net rommel bymekaarmaak en herwin nie, maar ook gemeenskappe langs die pad oplei. Hulle is ook van plan om fondse vir informele rommelversamelaars in te samel.

 

“CAN DO! Trekking for Trash se doel is om mense bewus te maak van die impak wat rommelstrooi op ons omgewing kan hê,” sê Erik Smuts, Besturende Direkteur van Nampak Bevcan.

 

Het jy geweet?

Die geskatte ontbindingskoers van algemene afvalitems in die see:

 

  • Stewelsole: 50-80 jaar
  • Plastieksakke vir kruideniersware: 1-3 jaar
  • Wolsokkies: 1-5 jaar
  • Nylonmateriaal: 30-40 jaar
  • Plastiekbekers: 50 jaar
  • Plastiekbottels vir drinkgoed: 450 jaar
  • Weggooidoeke: 450 jaar
  • Vislyn: 600 jaar
  • Melkkartonboksies met ’n wakslagie: 3 maande

(Bron: 2010 Ocean Conservancy International Coastal Cleanup report & GreenLivingTips)

 

Michael het uit sy korporatiewe pos bedank om ’n lewenslange droom om verandering in ons land te bewerkstellig, te bewaarheid. Hierdie nuwe projek kom uit die hart uit, en sal Michael in staat stel om te doen waaroor hy mal is – om ’n verskil te maak. Camilla deel dieselfde begeerte om Suid-Afrika ’n beter plek te maak terwyl sy haar behoefte aan avontuur bevredig.

Michael en Camilla sal hul reis via Twitter @Trekking4Trash en www.facebook.co.za/TrekkingForTrash dokumenteer.

 

Vir verdere inligting:

Besoek http://www.cando.sa.com, “like” http://www.facebook.com/choosecans, of volg @choosecando.

Persvrystelling vir CAN DO! Trekking For Trash uitgegee deur GGi Communications.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ondersteun die Naartjie Love Foundation

Verfraai jou bos sleutels en help só ’n kind in nood

Close