×
Skakel na Engels

Ná die stort – moets en moenies

stort

1. Na(el)betragting

Net nadat jy klaar gestort het, is die perfekte tyd om jou naelvliese terug te druk, sê dr. Doris Day, ’n dermatoloog. “Dis dan nat en plooibaar; daarom sal dit nie skeur nie.” Die goeie nuus is dat jy dan ook nie spesiale naelgoed nodig het nie: druk dit net saggies met jou handdoek se punt terug.

2. Pluk jou reg

Dis ook ’n goeie tyd om daardie haartangetjie nader te trek: ’n Vel wat pas gestoom en bevog is, bied minder weerstand by die wortelpunte en veroorsaak dus minder pyn as die hare moet waai, sê Day. Vir die beste resultate, pluk in die rigting van die haargroei.

3. Vermy droogblaas of maskara-aanwending

… in ’n steeds wasemrige badkamer. Eersgenoemde sal jou hare laat kroes en laasgenoemde sal jou maskara laat smeer. Maak ’n venster oop of skakel ’n waaier aan om vogtigheid in die lug ná ’n stort te verwyder.

FOTO: iStock/aicramphoto

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Waardige verskoning om nuwe maskara te koop!

Ondersteun ’n liefdadige saak wanneer jy Bobbi Brown se Pretty Powerful Smokey Eye Mascara koop

Close