×
Skakel na Engels

’n Wenk vir Valentynsdag wat jou tyd en geld sal spaar

Valentynsdag kan vinnig duur word en boonop kan dit ook jou senuwees klaar maak, maar nie hierdie jaar nie!
valentynsdag

Die jaarlikse rekord vir die getal rooi rose wat binne 24 uur verkoop word, is om die hoek. Ja, dis amper Valentynsdag. Rooi rose is bekend as die simbool van verlange en passie, en word ook tradisioneel gebruik as ’n minsame manier om te sê: “Ek het jou lief.” Maar het jy al ooit gewonder hoe sóveel rose op een dag afgelewer word? NetFlorist het ’n paar interessante statistieke met ons gedeel:

  • Op Valentynsdag groei sake in net een dag met meer as 1 000%!
  • Met meer as 18 000 bestellings, vergeleke met die daaglikse gemiddelde van 1 400 bestellings, het die NetFlorist-span ongelooflike ondervinding nodig om die maatskappy in staat te stel om daardie hoeveelheid groei vir Valentynsdag te hanteer.
  • Op 13 Februarie werk NetFlorist-personeel en meer as 500 tydelike werknemers, wat net vir die geleentheid gehuur word, deur die nag om bestellings voor te berei en hul vloot paneelwaens te pak vir die internasionale dag van die liefde.

Bederf die man in jou lewe

Tradisioneel is vroue hoofsaaklik die ontvangers van geskenke en blomme op Valentynsdag, maar hoekom verras jy nie jou geliefde vanjaar nie? Ons verstaan hoe stresvol dit is om ’n romantiese ete vir twee op een van die besigste aande van die jaar te reël. Hoekom vier jy dus nie Valentynsdag ’n dag of twee vroeër nie? Die restaurante is gewoonlik volbespreek en die meeste dinge is op die dag veel duurder. Dit maak dus sin om dit ’n bietjie vroeër te doen.

NetFlorist het allerhande soorte fantastiese geskenke waarmee jy die man in jou lewe kan bederf, waaronder goeie whisky, juweliersware, Happy Socks, kamerjasse, fyngeure, braaimeesterstelle, avontuurlike wegbreke en ’n groot verskeidenheid verpersoonlikte geskenke. Boonop sal NetFlorist ’n Lindt-sjokolade insluit as jy vir aflewering op die 13de Februarie reël!

 

Kry wat jy wil hê

Het die man in jou lewe ’n bietjie inspirasie nodig wanneer dit by geskenke kom? NetFlorist het wonderlike geskenke vir vroue – hoekom los jy dus nie sy rekenaar “per ongeluk” op hul webwerf oop nie? Dis ’n skimp wat hy moeilik kan mis. Hy sal uit ’n verskeidenheid wyn- en sjokoladegeskenkpakke, juweliersware, boeke, spa-bewyse, huisware en veel meer kan kies.

 

Besoek www.netflorist.co.za.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om iemand in die werklike lewe te ontvriend

Jodyne Speyer, skrywer van "Dump ’Em: How to break up with anyone from your best friend to your hairdresser", deel...

Close