×
Skakel na Engels

’n Week se heerlike aandetes

Omdat ons omgee, het ons vir jou ’n hele week se resepte van Maandag tot Sondag saamgestel, waaronder ’n heerlike nagereg en natuurlik iets dekadents vir Sondag!

Maandag: Volgraanpenne met groente en ricotta salata

Vegetables-Ricotta

Vier #VleisloseMaandag met hierdie smaaklike pastagereg. Die vars groente verleen ’n heerlike tekstuur en mooi kleur aan die gereg, en jy kan dit blitsig aanmekaarslaan. Kry hierdie pastaresep hier.

Dinsdag: Mu Shu-vark

Pork

Hierdie Mu Shu-varkvleisgereg is so lekker! Dis die soort gereg wat ander maaltye ’n bietjie jaloers maak met sy ryk geure en aanloklike teksture. Dis ook ’n goeie manier om ’n meer ontspanne etenstyd te hê omdat almal hul eie wraps kan maak en met die hand eet. Kry hierdie varkvleisgereg hier.

Woensdag: Souserige garnaalkerrie

prawn curry

Dis #KleinSaterdag en ons wil dit vier met hierdie souserige garnaalgereg. Die heerlike geure sal jou gesin kombuis toe lok nog voordat dié kerrie klaar is! Stel jou geliefdes aan hierdie Oosterse geure bekend. Hulle sal dol daaroor wees! Kry dié garnaalresep hier.

Donderdag: Sriracha-frikkadelrolletjies

meatball

Raak opgewonde oor hierdie geurontploffing! Dié sriracha-frikkadelrolletjies is baie gewild onder gesinne wat van pikante kos hou. Maak ekstra om te verseker dat daar genoeg vir oorskiet is. Kry hierdie frikkadelresep hier.

Lees ook: Wat jou kosdrange regtig beteken

Vrydag: Gestoofde brandrissiebief met noedels

beef

Vier die feit dat dit Vrydag is met hierdie gestoofde brandrissiebief met noedels. Die asemrowende geure sal jou ’n energiehupstoot vir die naweek gee. Bederf jou gesin daarmee of nooi vriende oor vir ’n lekker kuier. Kry hierdie biefresep hier.

Saterdag: Calamari-goujon-wraps

calamari wraps

Dis naweek en daarmee saam kom ’n watertandlekker resep vir calamari-goujon-wraps! Ontspan en geniet die dag terwyl jy aan die lekker wraps smul. Dis so maklik om te maak, en die brosgebraaide calamari word perfek gekomplementeer deur die pikante salsa en souserige mayonnaise-en-suurlemoenkombinasie. Kry hierdie calamari-resep hier.

Sondag: Hoenderjambalaia

chicken-jambalaya_charlie-richards weekly recipes

Vier nog ’n pragtige dag met hierdie feestelike, vullende hoenderjambalaia! Hierdie eenskottelgereg is ideaal vir wanneer die hele familie vir aandete kom omdat dit so maklik is om in groot hoeveelhede te maak – genoeg vir ’n tweede happie! Die soutigheid van die chorizo gee die gereg ekstra geur en die bros uie maak die tekstuur interessant. Kry hierdie hoenderresep hier

Liplek-lekker nagereg: Framboos-en-vanielje-“roomkoek”

Raspberry_Vanilla_Cream_Stack_306 weekly recipes

Beïndruk almal wat kom tee drink met hierdie framboos-en-vanielje-“roomkoek”! Dis soveel pret om die patrone te maak. Sit dit op ’n ewe mooi opdienbord voor. Die varsheid van die frambose is ’n fantastiese kombinasie met die romerigheid. Smul aan ’n stukkie (of twee) en bedank die bobaas-bakkers dat hulle hierdie resep by jou lewe gevoeg het. Kry hierdie framboosresep hier.

Sondag-gebak: Dekadente sjokoladetert

Choc-Tart weekly recipes

Sondagmiddag is dit tyd vir hierdie dekadente sjokoladetert! Die ryk sjokoladesmaak maak dié resep enige sjokolis se droom. Kry hierdie sjokoladeresep hier.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 resepte vir weekaandetes

Ons het hierdie 7 resepte vir elke aand van die week spesiaal vir jou saamgestel - geniet dit!

Close