×
Skakel na Engels

’n Week se etes vir vleisliefhebbers

Vleisliefhebbers, hierdie is spesiaal vir julle!

Maandag: Soet, pikante pizza met pepperoni en sampioene

Begin die week met ’n geurknal met hierdie liplek-lekker soet, pikante pizza met pepperoni en sampioene. Die kombinasie van soet en pikante geure maak dit ’n wenner. En dis boonop ’n prettige idee om die gesin betrokke te kry wanneer jy kos maak. Kry hierdie pepperoni-resep hier.

Dinsdag: Thai-hoender met koljander-en-klapperrys

thai-chicken-and-coriander

Kry hierdie Dinsdag Oosterse inspirasie met dié Thai-hoender met koljander-en-klapperrys. Die tintelende geure komplementeer die sappige vleis perfek, en die rys is heerlik saam met al die ekstra sous. Kry hierdie Thai-hoenderresep hier.

Woensdag: Varktjops met mosterd-en-appelkoossous

pork

Hierdie gesinsgunsteling is klassiek en smaaklik en is boonop vinnig om te berei. Die heerlike mosterd-en-appelkoossous komplementeer die varkvleis perfek. Kry hierdie varkvleisresep hier.

Donderdag: Gestoofde brandrissiebief met noedels

noodles

’n Kombinasie van vleis en pasta is altyd lekker. Hierdie gestoofde brandrissiebief met noedels is geen uitsondering nie. Die smaakkombinasie is ’n wenner, en dis so maklik om te maak! Hou dié resep in jou arsenaal vir ’n familiekuier of aandete saam met die skoonfamilie. Kry hierdie biefresep hier.

Vrydag: Burgers met Franse uie

burgers1

Jou Vrydae behoort so ontspanne soos ’n spinnende kat te wees! Hierdie burgers met Franse uie is die perfekte manier om ’n prettige naweek te begin. Maak seker jy maak die patties nie oorgaar nie sodat dit sappig bly, en hou die uie effens krakerig vir ekstra tekstuur. Kry hierdie burgerresep hier.

Saterdag: Mediterreense hoender-en-feta-frittata

chicken-and-feta-frittata

Hierdie Mediterreense hoender-en-feta-frittata is ’n smaaklike manier om jou vriende te beïndruk. Die romerigheid van die feta komplementeer die sappige hoender. Die rooi-uie, soetrissie, spinasie en basilie verleen ’n vars smakie aan ’n andersins ryk gereg. Kry hierdie hoenderresep hier.

Sondag: Botterskorsie-en-varkpasta

PumpkinPasta

Hierdie botterskorsie-en-varkpasta is trooskos op sy beste en die ideale manier om die naweek in styl af te sluit. Die vars pietersielie en papawersaad gee dit ekstra geur. Kry hierdie varkresep hier.

Heerlike nagereg: Pannekoeke met ’n piesang-en-karamelvulsel

pancakes

Daar is nie ’n beter – of makliker – nagereg as hierdie pannekoeke met karamel en piesangs nie. Die klassieke kombinasie van karamel en piesangs saam met die ligte pannekoek is hemels. Rond dit met room of roomys af. Kry hierdie pannekoekresep hier.

Sondag-gebak: Sjokolade-en-framboos-laagkoek

cake

So bevredigend as wat ’n smaaklike vleisgereg vir vleisliefhebbers is, so wonderlik sal hierdie sjokolade-en-framboos-laagkoek vir suikertande wees. Dit lyk regtig indrukwekkend, maar die ware toets is is die smaak. Hou dit klam en dekadent maar ferm. Die geheim is die framboos-roomkaas – dit is die “gom” wat die koek bymekaar hou. Versier dit met vars frambose bo-op vir ’n dramatiese voorkoms. Kry hierdie koekresep hier.

LEES OOK:

7 kosse om beter te slaap

Die beste verrassende kos vir sterker bene

5 kosse vir ’n vlekkelose gelaat

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Heerlike resepte vir die week se aandetes

Aandete is klaar beplan vir die week, en ons het vir jou ’n nagereg en ’n bakresep vir Sondag ingesluit....

Close