×
Skakel na Engels

’n Vars uitkyk op kos en wyn

’n Nuwe en verbeterde Good Food & Wine Show word in Kaapstad bekendgestel

Afrika se grootste kosgeleentheid keer terug na Kaapstad by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum van Vrydag 27 tot Sondag 29 Mei 2016. Vanjaar se Good Food & Wine Show beloof om opwindender en omvattender as ooit te vore te wees. Die drie dae lange kos-en-wynfees sal nuut voel en lyk, en in die pas met die nuwe handelsmerkvorming het die nuwe eienaars, Fiera Milano Exhibitions Africa, die tema “Vars” gekies, wat ook ’n weerspieëling is van die wêreldwye belangstelling in volhoubare boerdery en ’n verantwoordelike, gesonde leefstyl. Hulle het Hannerie Visser van Studio H as kurator van die uitstalling aangestel om dit in ’n unieke sensoriese belewenis te omskep wat gaste ’n onvergeetlike tyd beloof.

Food&Wine_Webvert5[1]

Die skou sal in agt fokusgebiede verdeel word, wat elkeen die kerntema na vore sal bring: welstand, leefstyl, wyn, bier en alkohol, kinders, mark- en straatkos, gebak en gourmet. Elke afdeling sal ’n wisselwerking tussen gaste en uitstallers moontlik maak sodat gaste van die nuutste neigings in daardie veld kan leer en aan vermaaklike, praktiese ervarings kan deelneem. Goeie Huishouding se eie moedermaatskappy, Associated Media Publishing, sal ’n Sound Garden-uitstalling aanbied wat sig en klank sal kombineer deur ’n kaleidoskoop van vars produkte gekombineer met verskeie klankgrepe. Moet dit dus nie misloop nie. Kinders onder 12 verkry gratis toegang en 13- tot 18-jariges betaal R50. Maak dus ’n dag daarvan en bring die hele gesin om die grootste kosgeleentheid van die jaar te geniet.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 eiervrye Banting-ontbyte

Moeg van hardgekookte eiers? Elke. Liewe. Oggend? Probeer een van dié eierlose lae-koolhidraat-opsies

Close