×

’n Swembroekgids vir alle vorms en groottes

Hoe om hierdie swembroekseisoen op jou beste te lyk en te voel!
Swembroek

Om die regte swembroek vir jou figuur te gaan koop kan ’n moeilike en spanningsvolle proses wees. Ons het ’n paar wenke wat kan help:

 

1. Vir die rondborstiges:

Baie vroue wat nie met hierdie bates spog nie, kan dink dat ’n groot borsmaat ’n seën is, maar dié wat goed  bedeeld is, weet wat ’n stryd dit kan wees om swemklere te kry wat netjies pas en vlei. Jy moet die regte ondersteuningstruktuur uitsnuffel – sowel as ’n winkel wat jou keëlgrootte in voorraad het.

’n Oplossing vir hierdie dilemma is ’n halternek, ’n styl wat prakties, maar ook vroulik en vleiend is.

Koop hier: H&M

Tankini-top R269 tot R289 en broekie R179 tot R199, albei van Miladys

screen-shot-2016-11-17-at-10-22-50-am screen-shot-2016-11-17-at-10-22-55-am

Swembroek-inspirasie:

www.buybraonline.in

www.buybraonline.in

2. Vir dié met kurwes:

Baie van ons kan hiermee identifiseer. En selfs al is ons kurwes veronderstel om ons mooiste en vroulikste bates te wees, lei hulle dikwels tot ’n gebrek aan selfvertroue. Maar hou moed, daar is lieflike style wat ontwerp is om rondings te vlei.

Wil jy ’n songetinte voorkoms hê, maar is onwillig om te veel vel te wys? Hierdie tweestuk met fraiings en ’n hoë middel is die ideale keuse vir jou.

Koop hier: Spree

Geblomde balconette-bikini: R699

www.spree.co.za

www.spree.co.za

Swembroek-inspirasie:

www.appareltrend.com

www.appareltrend.com

Style met panele en patrone is ook vleiend.

Koop hier: Storm in A-G cup

Storm in A-G cup: R870

www.storminagcup.co.za

www.storminagcup.co.za

Swembroek-inspirasie:

www.zaful.com

www.zaful.com

3. Vir dié met kleiner borste:

As jy skaam is omdat jou borsmaat aan die kleinerige kant is, kan jy ’n swembroek probeer met ’n bietjie meer detail rondom die borsarea.

Koop hier: Spree

Eenstuk met tossels: R399

www.spree.co.za

www.spree.co.za

Koop hier: Spree

Eenstuk met valletjies: R399

www.spree.co.za

www.spree.co.za

 

4. Vir dié wat selfbewus oor hul magie is:

As jou magie nie so plat is soos jy sou wou hê nie, kan jy ’n swembroek met óf ’n bietjie ruchewerk óf ’n gelaagde voorkoms kies.

Koop hier: Miladys

Wonderfit-kostuum met gevormde keëls : R329 tot R349

www.miladys.co.za

www.miladys.co.za

Swembroek-inspirasie:

www.pacsun.com

www.pacsun.com

Lees meer oor mode.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 maniere om jou pad na ’n beter lewe te dink

10 maniere om jou pad na ’n beter lewe te dink

Close