Lipidol After Shave Oil help vir ’n skeeruitslag en jeukerigheid, wat dit ’n welkome toevoeging tot enige man se skeerroetine sal maak. Omdat dit die vel se natuurlike olielaag aanvul wat gewoonlik deur skeer gestroop word, help dit om daardie aaklike uitslag te keer wat mans dikwels kry nadat hulle geskeer het.
Lipidol After Shave Oil bevat plantekstrakte wat dit sy whiskykleur gee. Geen sintetiese kleur- of geurmiddels word gebruik nie. Dit het die wonderlike geur van lemoenblaarolie, is geskik vir ’n sensitiewe vel en is niekomedogenies.