×
Skakel na Engels

’n Room wat jou plooie sal gee …

… omdat dit jou dalk langer kan laat lewe

Hierdie is ’n briljante voorbeeld van ’n onderneming wat ’n bietjie buite die (skoonheids)boks dink om ’n boodskap oor te dra. Hul bevogtiger word bemark as “ ’n room wat jou plooie sal gee” en ’n klein, ou dame met prominente plooie is die gesig in die advertensies. Ons wil dié room hê!

En voordat jy dink ons het die kluts kwyt geraak, laat ons eers verduidelik: Breast Cream is ’n bevogtiger wat spesifiek vir jou borste ontwerp is en help jou om knoppe en veranderinge in jou borste te voel wanneer jy dit aanwend. Dit help dus met die opsporing van moontlike borskanker.
Dis die gesamentlike geesteskind van die natuurlike-skoonheidshandelmerk Skinfood en die Nieu-Seelandse borskankerstigting, wat berig dat 50% van borskankers op ’n ander manier as met ’n mammogram opgespoor word.

Vroeë opsporing kan die wêreld se verskil maak, en daarom is die doel van dié ekstra stap in ons skoonheidsroetine om vroue te help om langer te leef en – natuurlik – meer plooie te kry!

Die room kom met ’n volledige boekie waarin die tekens van borskanker uiteengesit word, en die videoveldtog (onder) bevorder ook bewusmaking oor borskanker.
Dit kry beslis ons goedkeuring.

Dié artikel is deur Penny Travers geskryf en het oorspronklik op goodhousekeeping.co.uk verskyn

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 ongelooflike foto’s van Suid-Afrika soos uit die ruimte gesien

Soms het ons die groter prentjie nodig om ons perspektief te gee – letterlik. Kyk net na hierdie satellietfoto’s van...

Close