×

’n Pan is meer as ’n pan

Is jy dol oor kosmaak? Gebruik TEFAL se duur-same kleefwerende kookware om by familie en vriende met jou kookvernuf te spog

Die nuwe Tefal Expertise-reeks is soveel meer as net ’n pan – die Titanium Excellence-deklaag sal verseker dat jou kos nie vassit nie sodat jy die beste geur, tekstuur en kleur kan geniet. Dit is ’n duursame deklaag wat sal verseker dat jy die pan daagliks vir die volgende 12 jaar kan gebruik. Tefal gebruik ook Thermo-Spot®-tegnologie, wat jou laat weet wanneer jou pan die perfekte temperatuur is sodat jy keer op keer die beste gaarmaakresultate kan verkry.

WENK: Moet nooit jou pan dadelik in koue water plaas nadat jy dit van die warm stoofplaat verwyder het nie, want dit kan die pan laat kromtrek.

PEPERSTEAK & PIKANTE ROKETSLAAI

GENOEG VIR 2

WAT JY NODIG HET

  • 1 e koljandersaad
  • 1 t swartpeperkorrels
  • ’n knippie gedroogde rooirissievlokkies
  • 2 beeslendesteaks, 175 tot 200 g elk
  • 140 g kersietamaties
  • 1 klein rooi-ui, gekap
  • 3 e olyfolie
  • 1 e suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ’n knippie suiker
  • 50 g roket

METODE

1. Maak die koljander-saad en die swart-peperkorrels fyn.

2. Voeg die rissie-vlokkies by.

3. Bedek albei steaks met die mengsel en plaas dit eenkant.

4. Voorverhit jou Tefal-pan oor hoë hitte. Die Thermo-Spot®-tegno-logie sal jou laat weet sodra dit die ideale temperatuur is.

5. Rooster die steaks vir 2 tot 3 minute aan elke kant en laat dit dan rus.

6. Halveer die kersie-tamaties en meng met die ui, olie en suurle-moensap.

7. Geur met sout, peper en ’n knippie suiker na smaak.

8. Meng die roket by.

9. Sit die steaks met die roketslaai voor.

Besoek www.tefal.co.za vir nog produkte en inligting.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die 4 kosse wat enige voedingkundige uit jou kombuis sal verwyder

Hoewel ons hier by Goeie Huishouding hou van alles wat lekker is (in matigheid, natuurlik!), is daar sommige kosse waarop...

Close