×

’n Oorlewingsgids vir partytjies

Slim wenke om die partytjieseisoen te oorleef
partytjie

Die feestyd is vol partytjies en pret, maar kan ook ongemaklike oomblikke hê. Ons deel ons beste wenke oor hoe om die partytjieseisoen te oorleef.

1. ’N GESKENK VIR DIE GASVROU: JA OF NEE?

Ja vir ’n aandete, maar opsioneel vir ’n skemerpartytjie of bring-en-braai. Jy gaan waarskynlik baie partytjies in die feestyd bywoon en om ’n luukse geskenk vir elke aand uit te koop kan nogal duur raak. Blomme of ’n bottel wyn is altyd ’n goeie idee. Sit ’n kaartjie by sodat die gasvrou weet wie om te bedank.

2. VERLAAT SÓ ’N VERVELIGE GESPREK

Is dit ’n nimmereiendigende gesprek oor die weer? Wikkel jouself hieruit deur iets beleefds te sê, soos: “Dit was lekker om te gesels, maar sal jy my verskoon? Ek wil iemand gaan groet.” As jy sê jy wil ’n drankie kry, kan die persoon dalk aanbied om saam te gaan!

3. VERANDER JOU RSVP

Wees eerlik en doen dit dadelik; nie die dag voor die tyd nie. Kanselleer slegs as jy ’n geldige rede het (nie ’n beter aanbod of opgemaakte verskonings nie). En moenie ’n SMS of e-pos stuur nie; bel eerder, want dit kan onsensitief oorkom vir jou vriend wat jou genooi het.

4. ’N BIETJIE TE VEEL BORRELS

Jy het ’n bietjie meer gedrink as wat jy kan hanteer en begin die uitwerking voel ná daardie vierde glas vonkelwyn. Roep jou gasheer of gasvrou eenkant en verskoon jouself beleefd voordat jy jouself oortuig dat jy nog ’n ronde kan hanteer. Dit is die beste manier om ’n babalaas te vermy – of enige kaperjolle waarby jy betrokke kan raak.

Lees ook:

Kos-alternatiewe vir ’n gesonde Kersfees

Hoe om partytjie-liefdesbriefies te maak

Die slim gasvrou

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Selfdoen-dekorprojekte vir Kersfees saam met jou kinders

Maak Kersvoorbereidings ’n geleentheid vir die hele gesin met hierdie cool idees

Close