×
Skakel na Engels

’n Lyfmousse wat jy maklik kan maak

Les jou vel se dors met hierdie heerlik luukse lyfroom

Verjong jou vel hierdie winter deur jou eie luukse lyfmousse met kremetartolie te maak. Dis fantasties vir alle veltipes omdat jou vel die olie maklik absorbeer en dit nie die porieë verstop nie. Dit sal jou vel bevog en gehidreer laat voel.

Tuisgemaakte kremetartlyfmousse

Bestanddele

50 ml ongegeurde akwaroom

12 ml 100 % suiwer organiese koudgeperste kremetartolie

0,1 ml essensiële olie (gebruik jou gunsteling)

Metode

Gebruik ’n kombuisklitser om al die bestanddele saam in ’n bak te klits totdat al die kremetartolie in die akwaroom geïnkorporeer is.

Gebruik ’n spatel om die mousse in ’n skoon, mooi fles uit te skep.

Dié ligte, donserige, bevogtende mousse ruik hemels en die vel absorbeer dit vinnig. Gebruik dit binne ses tot agt maande vir die maksimum bevogtende voordele.

Kremetartolie is beskikbaar by aanlyn voorraadhouers, uitgesoekte gesondheidswinkels en apteke en kos sowat R32 (5 ml), R118 (30 ml), R153 (50 ml) en R234 (100 ml). Besoek www.ecoproducts.co.za vir voorraadhouers.

Lees nog skoonheidstories

Lees nog velsorgstories

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Nuwe skoonheidsneiging: Kremetartolie

Alles wat jy van hierdie nuwe helende olie moet weet

Close