×
Skakel na Engels

’n Lieflike lugfilter

Hier is die probleem (en die oplossing, gelukkig!): die lug in jou huis wemel waarskynlik van gifstowwe afkomstig van skoonmaakprodukte, lugverkoeling en selfs meubels.

 

 

Volgens die United States Environmental Protection Agency is dié binnenshuise besoedelaars een van die topvyf-bedreigings vir menslike gesondheid – maar gewone huisplante kan help. Volgens dr. Bill Wolverton, ’n omgewingsingenieur, is die plante in jou huis van die doeltref- fendste lugfilters beskikbaar. Sommige plante se blare absorbeer chemika- lieë in die lug, terwyl ander weer die besoedeling in hul wortels vasvang, en dit dan in kos en energie omskep. Die plante wat dít die beste doen, is rhapis excelsa (lady-palm), syngonium (gansvoet) en spathiphyllum (peace lily). ‘Plaas een of twee by die plekke waar jou gesin die meeste tyd deurbring – dit sal jou help om skoon, gesonde lug in jou huis te handhaaf,’ sê Wolverton. ‘Is dit nie wonderlik hoe die natuur werk nie?’ Ons stem saam!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moet-weet: Tuindamme

Plante is nie die enigste opsies as jy jou buite-wêreld wil verfraai nie. Installeer ’n tuindam waarin waterplante floreer

Close