×
Skakel na Engels

’n Inkopiedroom vir besige ma’s

Een bestemming wat vir al jou behoeftes voorsiening maak
menlyn park

Aandag, alle ma’s! Jy weet hoe woes jou skedule kan raak tussen jou werk, jou kinders se buitemuurse aktiwiteite en die huishouding. Wat as ons vir jou sê daar is een bestemming wat jou lewe makliker kan maak en jou tyd en moeite spaar?

Menlyn Park het einde 2016 ’n uitbreiding en opknapping ter waarde van R2,5 miljard ondergaan. Altesaam 55 000 m2 en 200 winkels is bygevoeg, wat dit die grootste winkelsentrum in Afrika maak. Besige ma’s kan alles kry wat hulle nodig het, van kos, skoonheidsprodukte, huisware, elektronika en mode-artikels tot vermaak, van meer as 500 winkels.

Kos

Menlyn Park het ’n groot, maklik toeganklike kruideniersware-afdeling geskep sodat jy nou jou maandelikse kruideniersware-inkopies by toonaangewende supermarkte kan doen wat net ’n paar meter van mekaar geleë is. En as jy saam met familie en vriende wil middagete eet, is daar verskeie gewilde restaurante, koffiewinkels, kitskosplekke, deli’s en kafees om van te kies, waaronder kindervriendelike plekke sodat jy en jou gesin ’n daguitstappie kan geniet.

Skoonheid

Skoonheid vier hoogty in Menlyn Park en jy sal kan kies en keur. Hulle bied alles van velsorg, grimering en naels tot haarstilering en wenkbroukleur en -vorming. As jy ’n bietjie gepamperlang wil word, is dit die beste plek om te wees, met ’n paar skoonheidsalonne wat masserings, gesigsbehandelings en ander skoonheidsbehandelings aanbied.

Huisware

Die verskeie huiswarewinkels is nog ’n trekpleister in Menlyn Park. Of jy nou beddegoed, ’n mat, gordyne, ’n rusbank of ’n koffietafel nodig het, jy hoef nie verder te soek nie. Kry die beste waarde vir geld wanneer jy huisbenodighede of beleggingstukke koop wat ’n lewenslange waarborg het.

Kinders

Daar is ’n wêreld van pret waaruit jou kinders kan kies: ’n 4D-teater, arkade-speletjies, kegelbal, stampkarretjies en Glow-minigholf. Hulle sal vir seker baie pret beleef terwyl jy inkopies doen om al die belangrike goed te kry.

Mode

Menlyn Park bied ’n groot verskeidenheid wanneer dit by mode kom, van plaaslike tot goed gevestigde internasionale handelsmerke. Daar is hoog aangeskrewe modehandelsmerke vir mans, vroue en kinders wat vir elke styl en smaak voorsiening maak. Kry werkdrag, informele klere, gim- en kampklere alles onder een dak.

 

Besoek www.menlynpark.co.za vir nog inligting.

 

Foto: iStock/monkeybusinessimages 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ons stel bekend: Inkopieterapie by die verbeterde Menlyn Park

Op jul merke, gereed, koop!

Close