×

’n Bron van voedingstowwe vir kleingoed – gereed om te drink!

En dit is boonop met ’n tikkie vanielje gegeur …
milk parmalat

Die liggaam vervaardig nie sy eie kalsium nie. Daarom kies ouers sekere suiwelprodukte vir hul kinders sodat hulle kalsium en ander voedingstowwe noodsaaklik vir ontwikkeling kan inneem. Melk is ryk aan kalsium, magnesium, fosfor en ander vitamiene wat nodig is sodat kinders se bene kan ontwikkel.

Die vette in melk is ook noodsaaklik vir verdere ontwikkeling van die brein en vir die versterking van die immuunstelsels vir kinders ouer as drie jaar. Ouers wat bykomende voedingstowwe vir hul ontwikkelende kinders wil hê, hoef nie meer water te kook en met poeiermelk te meng nie. Parmalat Growth Milk 3+ is ’n suiwelmengsel wat dadelik gedrink kan word en is spesifiek vir kinders ouer as drie jaar geformuleer. Parmalat Growth Milk 3+ is met ’n tikkie vanielje gegeur en met kalsium, vitamiene (A, B1, B2, B3, B6, B9, C, D en E), yster en sink verryk. Parmalat Growth Milk 3+ is ideaal daarvoor om gesonde fisiese en verstandelike ontwikkeling te verseker en om ’n sterk immuunstelsel te handhaaf. Boonop is al hierdie heilsaamheid in een gerieflike verpakking beskikbaar: Jy kan dit bloot net oopmaak en skink.

 

Lees ook:

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Laktose-intolerant? Parmalat EasyGest is jou nuwe beste vriend

Parmalat se laktosevrye EasyGest-melk is die ideale oplossing vir mense wat sukkel om laktose te verteer – drink en geniet!

Close