×

’n Bejaarde paartjie breek die internet met hierdie vreeslike oulike foto

Dís mos nou hoe paartjies vir mekaar moet sorg

Die internet is vol herinneringe van ware liefde, ongeag hoe groot of hoe klein dit is. Miskien verduidelik dit hoekom hierdie oulike foto van ’n bejaarde paartjie soos ’n veldbrand op Twitter versprei het.

Amy Pennington het die foto Sondag op sosiale media gedeel. Dit wys hoe haar oupa haar ouma help om haar hare te doen nadat sy ’n operasie aan haar pols gehad het.

“My ouma se pols is geopereer en sy kon nie haar eie hare doen nie, toe doen my oupa dit vir haar,” het Pennington verduidelik. “Tog te oulik.”

Soos te wagte was Twitter-gebruikers oorweldig deur die pragtige voorbeeld van “oulikheid”. Die foto is sedertdien 100 000 keer hertwiet en het meer as 200 000 “likes” gekry.

 

 

Ondanks die positiewe reaksie was Pennington ’n bietjie bekommerd oor hoe haar ouma daaroor sou voel.

“My ouma sal so ontsteld wees dat sy beroemd op Twitter geword het met ’n foto van haarself in haar japon sonder grimering,” het sy geskryf nadat die foto soos ’n veldbrand versprei het.

Grimering of te nie, die haarversorgingsvaardighede is baie indrukwekkend!

Dié artikel het op Cosmo.UK verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die ses feite en mites oor koffie waarvan jy moet weet

(Pst: Dit veroorsaak nie slapeloosheid nie en dehidreer jou nie …)

Close