×

My beste skoonheidskopie

Ons vra bekendes wat hul gunsteling-skoonheidsprodukte is

 

 

Het jy dié noodsaaklike skoonheidsartikel in jou handsak? Lees hier hoekom dit op die moet-hê-lysie van die 7de Laan-aktrise Ingrid Paulus is.

“Daar is altyd maskara en lipglans in my handsak, maar Dettol Instant Hand Sanitizer is ook boaan my saamdralysie. Ek hou daarvan omdat dit sonder ’n druppel water reinig.”

 

 

Die model en TV-aanbieder Jacinda Louw-Schutte onthul haar gunsteling-skoonheidskopie

“My gunstelingproduk is die Decléor Nutridivine Nutriboost Soft Cream. Dit voed my vel, gee lipiedeproduksie ’n hupstoot, hou vogbalans in stand en moedig selvernuwing aan. Dis uiters voedsaam en help om my vel se balans ná intense weerstoestande te herstel.”

Jacinda Louw-Schutte, model en TV-aanbieder 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skakel na Engels

My beste skoonheidskopie

Amy Kleinhans-Curd, ’n voormalige Mej. SA, sê oor haar gunsteling-skoonheidsproduk

 

 

“Ek is gek oor Dermalogica Precleanse (omdat dit my vel veral in die droë Johannesburgse winters ekstra bevog, en dit verwyder grimering uitstekend. Twee lepels wat ek in die yskas hou, is my beproefde skoonheidswenk wat sommer ook die rande rek. Ek het soggens dikwels
las van pofferige oë en die beste raad is om dan die yskoue lepels vir ’n paar minute op my ooglede te sit om vogterughouding te verminder.”

 

 

 

 

 

Masego Sehoole, wat die rol van Pulane Masemola in 7de Laan vertolk, oor haar gunsteling-skoonheidsproduk:

 

“My gunsteling-skoonheidsproduk is Justine se Body Balance Intensive Moisturising Body Cream (R70). My vel is heeljaar lank droog, veral my hande, elmboë en voete. Hierdie room bevat kakaobotter en soetamandelolie en is my alles-in-een-kuur vir barste. Die hoëvlak-bevogtiging maak my vel rêrig fluweelsag en stralend. Ek’s mal daaroor!”

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief