×
Skakel na Engels

Motivering vir ’n gesonder lewe

’n Terugblik na goedvoel- of trotse oomblikke kan jou by jou voornemens laat hou om gesonder te leef

 

 

In drie nuwe studies is pasiënte wat ingestem het om leefstylveranderings te maak, daarin ondersteun. Die helfte van die groep het ook opdragte soos die volgende gekry: Dink elke oggend aan iets wat jou goed laat voel (soos ’n reënboog of ’n geliefde) en dink deur die dag weer daaraan.

 

Wanneer jy in ’n denkbeeldige muur vasloop en van medikasie wegskram of nie op ’n reënerige dag met jou hond wil gaan stap nie, is dit ’n goeie idee om die goue tye in jou lewe, soos die dag toe jy jou graad behaal het, te herroep.

 

Ná ’n jaar het diegene wat aan die hoogtepunte in hul lewe gedink het, meer kilojoules gedurende oefening verbrand, weekliks 5,5 km verder gestap en ook hul medisyne meer getrou geneem as die kontrolegroep.

 

“Herinneringe aan dít wat jy bereik het, bemagtig jou om uitdagings te konfronteer,” verduidelik dr. Mary Charlson, ’n senior skrywer van die Weill Cornell-geneeskundekollege in New York in die VSA, “terwyl positiewe gevoelens jou help om langtermyn-veranderings aan te bring.”

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat hulle geëet het

In verlede week is die resultate van ’n studie uitgereik waarin LKHV- en HKLV-diëte vergelyk is. Wonder jy wat op...

Close