×
Skakel na Engels

Moet-hê-modekopie: Culotte

Daar’s min broeke wat so vleiend is!
Culotte

Hierdie enkellengtesnit is maklik en funksioneel om te dra, en ’n staatmaker vir enige geleentheid:

Werk

Dié vleiende gestreepte culotte sal nuwe woema aan jou werkdrag verleen. Dra dit saam met ’n tweedhandsak, treffende oorbelle en blokhakskoene van kunssuède vir ’n professionele voorkoms. DIE UITRUSTINGBloes R379, H&M | Culotte R419, Zara | Oorbelle R200, Colette by Colette Hayman | Handsak R599, Zara | Skoene R1 499, Aldo

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Aandjie uit

Elke klerekas het ’n veelsydige swart culotte nodig. Dollie dit op met ’n tikkie metaalkleur vir ’n glansryke aandvoorkoms. Voeg ’n spatsel rooi by, en voilà! Jy’s gereed vir ’n heerlike aandjie uit. DIE UITRUSTING: Top R140, The Fix | Culotte R249, Utopia by Zando | Armbande R99 vir die stel, Foschini | Handsak R450, Colette by Colette Hayman | Skoene R599, Zoom

Naweek

Hierdie vuilpienk culotte is net die ding as jy ontspanne en gemaklik wil lyk. Rond dié vroulike voorkoms met ’n sonbril, geruite tekkies en ’n prettige handsak af. Bonjour, naweek! DIE UITRUSTING: T-hemp R349, Forever New | Culotte R549, New Look by Zando | Sonbril R130, Foschini | Handsak R899, Accessorize | Tekkies R349, Cotton On

FOTO: iStock/SanneBerg

LEES OOK:

Die mode-kopie waaroor almal op Instagram gons

Trek só vir jou liggaamsvorm aan, sê GH se modespan

10 modewenke om jou jonger te help lyk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Trek só vir jou liggaamsvorm aan, sê GH se modespan

Steel hul stylgeheime!

Close