×
Skakel na Engels

Moenie Nasionale Uitruildag misloop nie!

Bring jou ekstra Checkers-“mini’s” en ruil dit uit om jou versameling te voltooi. Vind uit waar en wanneer …

 

Checkers het onlangs sy Little Shop-veldtog bekendgestel met mini-replikas van 29 produkte van ikoniese Suid-Afrikaanse handelsname, waaronder All Gold-tamatiesous, Flora-margarien en Sunlight-skottelgoedseep. Vir elke R150 wat jy by ’n Checkers of Checkers Hyper bestee, kry jy een Little Shop-versamelstuk. En as jy al 29 artikels versamel, kan jy aan ’n kompetisie deelneem om R10 000 te wen. Kinders kan ook R10 000 vir hul skool wen.

 

As jy hierdie Little Shop-“mini’s” versamel, is die kans goed dat jy al ’n paar dubbele artikels het. Gelukkig het Checkers ’n Nasionale Uitruildag gereël, waar jy jou ekstras met ander kan ruil om jou versameling te help voltooi.

 

NASIONALE UITRUILDAG

WANNEER: Saterdag 30 Julie 2016

TYD: 10:00 tot 13:00

WAAR: Enige Checkers of Checkers Hyper

Kliek hier vir slim wenke oor hoe om jou ekstra mini’s op Nasionale Uitruildag beter te bemark.

Bron: www.checkers.co.za

 

Die veldtog, wat deels daarop gemik is om kinders van entrepreneurskap te leer, blyk ook baie gewild onder volwassenes te wees. Hier is ’n paar van ons gunstelingkiekies van grootmense wat hul mini-pret op sosiale media gedeel het.

 

#checkerslittleshop #superheroes also get hungry ????

A photo posted by Lucas Botha (@lucasbotha) on

One scoop is enough. #joinedtheparty #checkerslittleshop #kingofthehill #mufasa #priderock #mini #omg #omo

A photo posted by Rousseau van Niekerk (@rouss_13_) on

Oops! Spilt the whole bottle of Handy Andy! #checkerslittleshop

A photo posted by Shirley Van De Merwe (@shirleylvdmerwe) on

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 van die beste veeldoelige skoonheidsprodukte

Hierdie slim, veeldoelige skoonheidsprodukte sal jou soggens kosbare tyd spaar.

Close