×
Skakel na Engels

Moenie die snorkery ignoreer nie

’n Irritasie of ’n ernstige gesondheidsprobleem?

 

 

Spits jou ore wanneer een van jou geliefdes snork, meen nuwe navorsing.

 

Wanneer volwassenes aanhoudend snork – daardie soort gesnork wat ander mense wakker maak of wat vir meer as ’n kwart van die nag duur – kan dit met verdunde are en beroerte verband hou, sê dr. Ann Romaker, ’n spesialis in slaapstoornisse.

 

En volgens ’n studie wat in die Pediatrics-joernaal gepubliseer is, is kinders wat twee of meer nagte ’n week op die ouderdom van twee en drie snork meer geneig om gedragsprobleme soos hiperaktiwiteit en depressie te ontwikkel. Hul brein kry dalk nie die slaap wat nodig is vir gesonde groei nie, of kinders is eenvoudig te moeg om hul impulse te beheer, sê dr. Dean Beebe, ’n professor in kindergeneeskunde.

 

As snork dus ’n probleem is wat gereeld voorkom, moet jy dit nie ignoreer nie. 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 maniere om tydens Ramadan fiks en gesond te bly

Ja, jy kan oefen terwyl jy vas. Lees hier hoe jy in die Ramadan-maand fiks kan bly

Close