×

Moenie Backsberg se Sondag-piekniekkonserte misloop nie

Die Backsberg-wynlandgoed bied hierdie somer in samewerking met Goeie Huishouding vier konserte met topmusiekgroepe op hul grasperk in die skadu van die Simonsberge aan. Dié konserte bring wyn en gasvryheid byeen en benadruk die hart en siel van Backsberg
nomadic orchestra

Die konsertreeks het begin met Nomadic Orchestra, wat op Sondag 26 Februarie opgetree het. Hierdie musiekgroep het die gehoor van die staanspoor uit hul stoele gelig en op die maat van hul unieke, eklektiese musiek in verskillende genres laat dans. Volgende was The Blues Broers op Sondag 5 Maart, en hulle het ook die gehoor begeester. Op 12 Maart is dit Valiant Swart en Akkedis se beurt, en op 19 Maart tree Taxi Violence op.

Backsberg

Gaste word genooi om ’n luilekker Sondagmiddag op die grasperk van Backsberg te kom deurbring met ’n glas wyn in die hand en na uitsonderlike Suid-Afrikaanse musiek te luister. Kaartjies kos R120 op Webtickets en R150 by die hek. Afslagkaartjies kan direk by die plaas gekoop word (nie op die dag van die konsert nie) teen R100 per persoon, en dieselfde prys geld vir gaste wat op die dag van die konsert in die plaas se restaurant eet.

Backsberg concert

Studente betaal R60 en kinders onder 12 kan dit gratis bywoon. Heerlike versnaperinge, snoepbokse, ’n verskeidenheid drankies en Backsberg se uitmuntende reeks wyne sal op die dag te koop wees. Dit is egter raadsaam om jou snoepbokse vooraf by restaurant@backsberg.co.za te bestel om teleurstelling te voorkom. Elke snoepboks bevat ’n verskeidenheid brode, kase, kouevleise, vrugte, konfynte, patees en Backsberg se beroemde sjokolade-brownies, alles vir net R220. Let asseblief daarop dat jy nie jou eie alkohol kan bring nie.

Backsberg concert

Backsberg se konserte bied vermaak vir kinders én volwassenes en word die hele Maart lank aangebied. Maak seker jy koop jou kaartjies vroegtydig sodat jy nie ’n onvergeetlike musiekervaring misloop nie.

 

Volg hierdie skakel om jou kaartjies te koop

 

E-pos: info@backsberg.co.za

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kuier saam met ons by die Sondag-piekniekkonserte op Backsberg

Ons is baie trots om aan te kondig dat ons die mediavennoot vir vanjaar se Sondag-piekniekkonserte op Backsberg is! Maak...

Close