×
Skakel na Engels

Moeg daarvoor om moeg te voel?

Dié wenke en veranderinge sal jou die hupstoot gee wat jy nodig het om die nuwe jaar vol energie af te skop

Hierdie wenke en lewenstylveranderinge sal jou die hupstoot gee wat jy nodig het om weereens vars en vol energie te wees:

Eet ontbyt by ’n venster

Of maak drink ’n koppie koffie later by die werk as jy die huis verlaat terywl dit nog donker is. Dertig minute se oggendlig laat die vervaardiging van die slaaphormoon melatonien afneem en dié van serotonien toeneem. Laasgenoemde sal jou gemoed ’n hupstootjie gee. Daglig herstel ook jou liggaam se ‘ingeboude’ horlosie, wat sonder dié blootstelling ’n siklus van 24 uur en 11 minute sal volg.

Haal diep asem

Gee jou spiere (insluitende jou hart) ’n bietjie oefening. Haal stadig en diep deur jou neus asem sodat jou maag swel. Plaas een hand op jou maag en asem dan bietjies-bietjies op ’n slag uit.

Kry meer energie in

Kweek ’n voorliefde vir Marmite aan – dis vol vitamine B wat energie gee – en bou hoofgeregte rondom vleis of lensies en bone – alles goeie bronne van yster. Eet baie groen blaargroentes soos spinasie om jou inname van magnesium op te stoot. Dis noodsaaklik vir jou spiere en senuweestelsel om optimaal te kan funksioneer.

Is dit die moeite werd?

Om té veel aktiwiteite in ’n dag in te druk, is iets wat selfs die grootste hoop vitamienpille nie kan regmaak nie – maar jý kan. Elke keer as jy êrens heen ry, evalueer die rit volgens moeite, betekenis en finansiële gewin op ’n skaal van 0 (minimaal) tot 10 (maksimaal). As dit meer moeite is as wat dit eintlik beteken – as die moeite om te gaan werk byvoorbeeld 9 is, maar die betaling is net ’n 5 werd, of as jy die kinders rondry (8) na aktiwiteite wat hulle nie regtig geniet nie (4) – is dit tyd vir ’n verandering.

Lees ook:

Klop daardie namiddag-moegheid

Kry meer energie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
28-dag-stapplan: week I

Of jy gewig wil verloor of fiks raak, ons plan sal jou help om jou doelstellings te bereik. Dit gee...

Close