Werk
Monochrome uitrustings is ’n wenner op kantoor. Dollie dit op met lae en valle, en voeg dan ’n gestruktureerde handsak en diamanté-oorbelle by.
HEMP: R399, TALLY WEIJL
ROK: R629, H&M
OORBELLE: R329, ZARA
HANDSAK: R549, DONNA
SKOENE: R250, THE FIX
Aandjie uit
Steek dié toeknoophemp by ’n metaalkleurige culotte in en dra hangoorbelle, ’n helder palmsakkie en sjiek blokhakskoene daarby vir ’n elegante voorkoms.
HEMP: R629, RIVER ISLAND
CULOTTE: R120, MRP
OORBELLE: R169, ZARA
SAK: R400, COLETTE BY COLETTE HAYMAN
SKOENE: R550, DONNA
Naweek
Ontspan deur die naweek met opgerolde moue en fraiingjeans. Poeierpienk espadrilles en ’n moderne handsak sal ’n tikkie vroulikheid aan hierdie uitrusting verleen.
HEMP: R130, JET
JEANS: R899, TALLY WEIJL
RUGSAK: R180, THE FIX
SLEUTELHOUER: R169, ZARA
SKOENE: R999, STEVE MADDEN
PHOTO: iStock/m-imagephotography
LEES OOK:
7 vleiende modeneigings om in 2017 te probeer
10 modewenke om jou jonger te help lyk
Daar is ’n groot verskil tussen mode en styl