Het jy al ooit gewonder waarom soveel mense so behep met miniatuurgoed is, van mini-kruideniersware (wie sal Checkers se piepklein versamelstukkies vergeet?) tot miniatuurpoedels? Party mense sê dis omdat dit makliker is om iets te beheer wat in jou handpalm pas. Hoe dit ook al sy, ons het self ’n nie-so-klein obsessie met ’n nuwe mini-dekorneiging – miniatuur-metroteëls!
Metroteëls was die afgelope paar jaar weer groot nuus in tuisdekor, en die nuwe mini-weergawe beloof om net so gewild te wees. Sommige handelsmerke, soos Italtile, verkoop dit op maasstroke wat dit makliker maak om te installeer.
Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.
Italtile se reeks bestaan uit vyf glansende kleure, insluitend Mint en Latte, sowel as die meer tradisionele Black, White en Cappuccino. Hierdie mosaïekteëls werk uitstekend as ’n spatplaat of in ’n storthokkie, maar as jy so versot daarop is soos ons, kan jy selfs ’n hele woonkamermuur met dié miniatuurwonder bedek.
Hier is ’n bietjie inspirasie vir jou volgende teëlprojek:
FOTO: iStock/Art Wager