×

Matriekvakansie: ’n Oorgangstyd of ’n veiligheidsgevaar?

Vir matrieks oor die land heen is dié breek iets waarna hulle amper hul hele skoolloopbaan lank uitsien. Maar vir ouers is dit gewoonlik rede tot kommer

Beautiful young people on a road trip on a summers day

Maak dit ’n wen-wen-situasie

“Om jou kinders toe te laat om hul eerste tentatiewe treë na onafhanklikheid te gee, agter die stuurwiel van ’n motor in te skuif en ver van die huis te wees is vir ’n ouer dikwels ’n skrikwekkende ondervinding,” sê John Edmeston, uitvoerende hoof van Cartrack, ’n toonaangewende voertuigopsporing-en-insleepmaatskappy. “Dis nie net groepsdruk en die feit dat jou kind nog nie baie in haar lewe bestuur het nie, maar ook misdaad soos kapings wat rede tot kommer is. Om te weet dat jou kinders veilig is, versigtig bestuur en maklik opgespoor kan word as hulle hulp nodig het, is ’n groot troos,” sê hy.

 

Toegevoegde voordeel

Voertuigopsporing saam met telematiese inligting bied ’n baie geloofwaardige oplossing om tred te hou van waar ’n jong bestuurder is. Nog ’n voordeel van telematika is die eenheid se akkurate ongelukrekonstruksievermoëns. “Daar word dikwels aanvaar dat jong en onervare bestuurders te blameer is, selfs al was ’n botsing nie hul fout nie,” sê Edmeston.

 

Wen jou tiener se vertroue

Hoewel voertuigopsporing aan ouers ’n veilige oplossing bied, kan dit ’n hele miernes oor die kwessie van vertroue oopkrap. “Verduidelik watter risiko’s daar is en gebruik statistieke indien nodig om die gevare van dronkbestuur, spoedoortreding en moontlike kaping of diefstal van die voertuig uit te wys,” sê Edmeston.

 

Verkry vinnige en maklike toegang

Die opsporingskomponent van die eenheid maak dit moontlik om die voertuig terug te kry indien dit gesteel sou word, maar dit bied ook ’n aanlynportaal wat familielede in staat stel om in te log van waar ook al hulle die ligging van die voertuig wil nagaan.

 

Liewer te veilig as in die moeilikheid

“Ons was almal jonk en ons weet almal dat partytjies en onverantwoordelike gedrag dikwels deel is van ’n jongmens se oorgang na die lewe van ’n verantwoordelike volwassene,” sê Edmeston. “Maar die sterftesyfer van jongmense op die paaie is skrikwekkend. Ons wil ouers aanmoedig om ’n ernstige gesprek met hul kinders te hê voordat hulle op hul matriekvakansie vertrek en hulle te verseker dat hulle altyd hul ouers kan bel as enige iets skeefloop,” sluit hy af.

 

Vir meer inligting bel Cartrack by 0861 22 78 72 of besoek www.cartrack.com.

 

 

Deel dié veilige bestuurswenke met jou kind:

  • Maak jou gordel vas.
  • Moenie jou foon gebruik terwyl jy bestuur nie.
  • Kry genoeg slaap en neem blaaskanse om jou bene te rek.
  • Gee aandag aan padtekens en padmerke.
  • Moenie drink en bestuur nie.
  • Moenie rondloop as jy beskonke is nie.
  • Spoed maak dood. Hou dus by die spoedgrens.
  • Ken die noodnommers van die gebiede waardeur jy ry en waar jy bly.
  • Bly koelkop en vermy padwoede.
  • Laat jou motor diens en deeglik nagaan voordat jy reis.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die 5 gebooie van padveiligheid

Bly by hierdie eenvoudige reëls as jy jou eie gesin (en ander s’n) veilig by hul bestemming wil aanbring

Close