×
Skakel na Engels

Manikuur-Maandag: Basislaag is ’n moet

Jy sien altyd dat die manikuris ’n basislaag aanwend voordat sy jou naels verf, maar weet jy hoekom sy dit doen?
  • ’n Basislaag help dat die naelpolitoer wat jy daarna aanwend, beter aan jou naels vaskleef. Dit keer dat jou naelpolitoer afdop.
  • Dit keer ook dat jou naels die naelpolitoer absorbeer en geel raak.
  • As jy sagte naels het, wend weekliks ’n basislaag aan. Dit help versterk en beskerm jou naels.
  • As jy jou naels byt, sal ’n basislaag jou help om jou vingers uit jou mond uit te hou.

 

Ons top-drie kopies:

 

1. Nails Inc. London: Dit wend maklik aan en is nie te dun nie. Die glans hou lank.

 

2. Mavala 002 Protective Base Coat: Dit voel lig op jou naels en gee dit ’n gesonde glans.

 

3. O.P.I Regular Formula Start to Finish: Dis ’n basis- én bolaag en gee ’n gladde afwerking. 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kry só sterker naels

Naels kan soms baie broos wees. As jou naels gereeld skeur, breek of net sag is, probeer dié drie wenke...

Close