×
Skakel na Engels

Mandela-dag: Help beveg die misbruik van vroue en kinders

Sluit by die Vital-stigting aan vir 67 minute van vrywillige werk by ’n organisasie van jou keuse

 

 

PHANSI NGE ABUSE (WEG MET MISBRUIK)

 

DIE WREDE WAARHEID

In Suid-Afrika sal een uit elke drie kinders misbruik word en een vrou word elke agt uur deur ’n intieme maat vermoor. Dit is net ván die skrikwekkende statistieke wat deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad uitgereik is.

 

JY KAN ’N VERSKIL MAAK

Suid-Afrikaners vier Mandela-dag vanjaar vir die eerste keer sonder die groot man wat die inspirasie vir die geleentheid was. Nelson Rolihlahla Mandela het 67 jaar van sy lewe gegee. Al wat jy hoef te gee is 67 minute.

 

Op Vrydag 18 Julie 2014 sal die Vital-stigting personeel van Vital Health Foods en vrywilligers van oor die hele land byeenbring om saam te staan in die stryd teen misbruik teen vroue en kinders.

 

 

HOE OM BETROKKE TE RAAK

1. Vul die vrywilligervorm in. Laai dit hier af.

2. Soek vir ’n organisasie volgens provinsie. Verfyn jou soektog deur ’n aktiwiteit soos onderrig, kook, verf, ensovoorts, te kies. Doen jou keuse hier.

3. Daag op op die dag, doen iets goeds … en geniet dit!

Besoek www.vitalfoundation.co.za vir meer inligting.

 

 

Kyk na hierdie insetsel van die SABC3-ontbytprogram Expresso oor Vital se Mandela-dag-veldtog:

 

 

Foto-erkennings: shadowness.com; www.vitalfoundation.co.za 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe jou maskara ’n gróót verskil kan maak

Koop Bobbi Brown Pretty Powerful Mascara. Alle opbrengste gaan aan Heartbeat, ’n sentrum vir gemeenskapsontwikkeling

Close