×
Skakel na Engels

Maklike, vinnige Kersfeesdekor

GH se leefstylkenner deel haar geheime vir prentjiemooi ruimtes
Kersfeesdekor

As jy en jou gesin graag die huis vir die feestyd opdollie, maar dit elke jaar ’n frustrasie is oor wat waar moet kom en hoe sekere versierings moet lyk, het ons net die oplossings vir jou!  Só kan jy die huis vir Kersfees versier, sonder al die tydrowende drama:

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Moenie dit oordoen nie

Te veel versierings lyk besig en oorvol. Die geheim is om plek te maak vir jou Kersversierings deur ontslae te raak van gewone items – blompotte, bakke – deur dit tydelik elders te bêre.

2. Behou net spesiale versierings sodat jy nie met ’n boks vol verweerde items sit nie

Voordat jy elke keer aan die einde van die seisoen alles wegpak, besluit wat jy gaan hou en gee die res weg.

3. Wees slim met wegpak

Maak dinge volgende Kersfees makliker deur items vir dieselfde ruimte saam te bêre: Kersboom, eetkamer en tafel, sitkamer, voorportaal. Neem ’n foto van die versierde gedeelte en plak dit dan op die boks as verwysing.

FOTO: iStock/vladans

LEES OOK:

10 Kersfeeswenke van Suzelle DIY

Kerspoeding-truffels

Maak ’n Kerskrans vir jou kaggelrak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skep jou eie Kersfees-toedraaistasie

Maal jou geskenke die mooistes onder die boom!

Close