Maandag: Geroosterde-groente-en-halloumipastei
Trooskos het nog nooit so goed gesmaak nie – en dit boonop op ’n Maandag! Vleisliefhebbers sal ook hierdie gereg geniet, want dis eenvoudig heerlik. Die bros deeg is die ideale omhulsel vir die smullekker vulsel. Kry hierdie pasteiresep hier.
Dinsdag: Soet, pikante pizza met pepperoni en sampioene
Hou dit eenvoudig, maar ekstrageurig met hierdie pizza. Die hele gesin sal dol oor die soet-en-pikante kombinasie wees. Dit is ook ’n goeie manier om die kinders betrokke te kry om te help aandete maak. Kry hierdie pizzaresep hier.
Woensdag: Gekaramelliseerde beesbors met sjiitakeglaseersel
Vier #KleinSaterdag met ’n lekker taaierige, dekadente gekaramelliseerde borsstuk met geglaseerde sjiitakesampioene. Dié gereg is ideaal vir ’n groot groep. Nooi dus die familie vir ’n kuier in die middel van die week. Kry hierdie resep vir borsstuk hier.
Donderdag: Patats met hoenderdragon
Vir hierdie ietwat onkonvensionele gereg word hoenderdragon as vulsel vir patats gebruik. Dis heilsaam en heerlik! Dié informele, veelsydige maaltyd is ideaal vir enkellopendes, paartjies of groot gesinne! Kry hierdie hoenderresep hier.
Vrydag: Spaghetti Bolognese
Wens jouself en jou gesin geluk dat julle die einde van die week gemaak het en beloon almal met die immergewilde spaghetti bolognese. Hierdie gereg is fantasties omdat dit onbeperkte variasies het wat jy kan probeer om te kyk waarvan jou gesin die meeste hou. Kry hierdie pastaresep hier.
Saterdag: Aartappel-omelet met kaas
Hou Saterdag se latontbyt lig en moeiteloos met hierdie smaaklike aartappel-omelet met kaas. Jou gaste sal dol oor die eenvoudige gereg wees en beslis vir die resep vra! Dis ewe lekker vir vegetariërs en vleisliefhebbers. Kry hierdie omeletresep hier.
Sondag: Tuna-en-sobanoedelslaai
Hierdie verfrissende en uiters gesonde tuna-en-sobanoedelslaai is ’n fantastiese manier om die naweek te eindig. Dis ryk aan tekstuur, geur en pure lekkerte. Die brosheid van die sesamsaad pas goed by die tuna, wat perfek deur die groente gekomplementeer word. Kry hierdie slaairesep hier.
Heerlike nagereg: Bevrore bessieterrien
Beïndruk jou gaste met hierdie lieflike bevrore bessieterrien. Benut die laaste rukkie van die somer en smul aan heerlike bessies. Kry hierdie nageregresep hier.
Sondag-gebak: Engelringkoek met witsjokoladeversiersel
Vier Sondag op die manier wat dit gevier behoort te word – met ’n liplek-lekker koek! Hierdie engelringkoek met witsjokoladeversiersel sal almal laat smul. Versier dit met vars bessies of sjokoladeskaafsels as jy wil. Kry hierdie koekresep hier.