×
Skakel na Engels

Maklike aandetes uit die see vir die week

Proe die see in hierdie seekosresepte

Maandag: Vispastei

fish-pie

Dié Banting-vriendelike vispastei is trooskos op sy beste. Dis propvol geurige bestanddele en is genoeg vir ses mense – ideaal vir wanneer jy gaste oornooi of vir ’n gesinsete. Die klapperolie en -meel maak dit ’n gesonde, heerlike keuse.   

Dinsdag: Souserige garnaalkerrie

prawn curry

Dié foto is genoeg om enige garnaalliefhebber se mond te laat water! Hierdie gereg kan binne 30 minute gereed wees, wat dit ’n wonderlike gesinsete vir die middel van die week maak. Dié kerriegereg is geurig, smaaklik en kleurryk en sal vinnig ’n gesinsgunsteling word.

Woensdag: Vispakkies met kappertjiebotter en suikerertjies

fish packets

Eksperimenteer in die kombuis met nuwe kooktegnieke om liplek-lekker maaltye te skep. Dié vispakkies word verryk met kappertjiebotter en gekomplementeer deur die vars suikerertjies. Dis ’n ideale gereg vir die gesondheidsbewuste gesin. 

Donderdag: Brandrissie-inkvis-linguine

linguine-fish

Hierdie seekospasta sal jou nie teleurstel nie. Die helder kleure, lieflike geure en heerlike teksture maak daarvan ’n wenner.

Lees ook: 7 bederf-etes vir die gesin vir die hele week

Vrydag: Pikante salm met soja-glaseersel

salmon

Die einde van die week is hier! Vier dit met ’n stukkie heerlike, geurige salm. Die sojageur komplementeer die ryk vis perfek. 

Saterdag: Kortpad-kreefbisque

bisque

Hierdie moeitevrye gereg is makliker om te maak as wat dit lyk – jy het net ’n bietjie geduld en finesse nodig. Jou gaste sal dol oor die ryk kleure en geure wees.

Sondag: Mediterreense stokvis

hake

Geure van anderkant die oseaan kom in hierdie warm dog verfrissende gereg bymekaar. Die verskeidenheid seisoenale groente daarby maak dit ekstragesond. Die klassieke Mediterreense geure sal selfs die kieskeurigste eter tevrede stel.  

Heerlike nagereg: Paasbolletjiepoeding

Hot-Cross

Niks rond ’n heerlike maaltyd af soos ’n selfs beter nagereg nie. Hierdie Paasbolletjiepoeding is ideaal vir kouer dae. Probeer dit gerus vir jou volgende familiekuier!

Sondag-gebak: Swartfluweelkoek met goue knalballetjies

goodhousekeeping-day-212324_final

Hierdie lekker klam, smelt-in-jou-mond-lekker swartfluweelkoek sal almal beïndruk. Die indrukwekkende versierings voeg ’n tikkie drama by.

LEES OOK:

Het jy ’n ongesonde verhouding met kos?

6 geregte met ’n verrassende oorsprong

6 superkosse wat jy nie hoef te koop nie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 fantastiese kookwenke vir jou prutpot

Vermy só ’n smaaklose, vaal aandete. Deur Monaz Dumasia

Close