×
Skakel na Engels

Maak waterbottels tjoef-tjaf skoon

Ekovriendelike maniere om daardie bottel in jou gimsak of op jou lessenaar ordentlik skoon te maak

Maak dit skoon

 

Goeie nuus: Sommige gekoopte waterbottels is skottelgoedwasserbestand. (Gaan net die vervaardiger se webtuiste na.) Indien joune wel is, plaas die bottel oor die speke in die boonste rak en sit die prop in die messegoedmandjie. Vul bottels wat net met die hand gewas kan word halfpad met warm water en voeg ’n druppel skottelgoedseep by. Draai die prop toe, skud die bottel en laat die skuimerige water deur die drinkopening leegloop. Draai die bottel weer oop en spoel die binnekant goed uit met warm water. Laat droog word.

 

 

Doen weg met reuke

 

Selfs al word dit gereeld skoongemaak, vang waterbottels wat daagliks gebruik word tog reuke vas. Gooi 1 teelepel koeksoda en ½ teelepel chloorbleikmiddel in die bottel, vul dit halfpad met warm water, skud dit om te meng en gooi nog water by voordat jy die prop toedraai. Laat dit vir 30 minute (of selfs oornag) staan, gooi dan die vloeistof uit, was en spoel die bottel en laat dit droog word. Skrop die prop met ’n tandeborsel en koeksoda. Spoel deeglik uit.

 

 

Maak dit volgende keer makliker:

 

• Bêre die bottels oop om te voorkom dat dit reuke vasvang.

• Skrop die bottels gereeld met ’n bottelborsel.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief