×
Skakel na Engels

Maak ’n wasmiddel vir jou juweliersware

Spaar geld én tyd deur self jou juwele skoon te maak

Gaan groen en maak jou oorbelle, ringe, hangertjies en armbande met ’n natuurlike wasmiddel skoon, sonder enige skadelike chemikalieë. Deur jou eie wasmiddel vir jou juwele te maak sal jy geld én tyd spaar – die hele proses neem slegs 10 tot 15 minute.

 

Wat jy nodig het:

  • 1 e sout
  • 1 e koeksoda
  • 1 e skottelgoedwasmiddel
  • 1 k water
  • Aluminiumfoelie

 

Aanwysings:

  1. Verhit die water in die mikrogolfoond vir ’n paar minute.
  2. Sny die foelie sodat dit die bodem van ’n bakkie, soos ’n papbakkie, kan bedek. Plaas die foelie binne-in die bakkie en druk dit plat.
  3. Gooi die warm water in die bakkie en voeg die seep, sout en koeksoda by. Roer dit liggies voordat jy die juweliersware op die foelie binne-in die water sit. Los jou juwele vir agt tot 10 minute in die oplossing.
  4. Spoel jou juweliersware onder koue lopende water af en droog dit met ’n sagte lap af.

Let wel: Dié wasmiddel sal goed werk vir goue, sterlingsilwer en koper juwele. Maak ná elke was ’n nuwe oplossing aan.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief