×
Skakel na Engels

Maak ’n lampskerm in ’n japtrap

Gebruik materiaal om ’n lampskerm oor te trek
lampshade

AANWYSINGS

’n Paar minute, materiaal en gom is basies al wat jy nodig het om ’n gewone wit lampskerm op te dollie. Ligte, skêr en aksie!

WAT JY NODIG HET

1. Materiaal
2. ’n Wit materiaallampskerm
3. ’n Skêr
4. Papierklemme
5. Materiaalgom
6. ’n Verfkwas

KNIP EN BEDEK

Meet die skerm se omtrek en knip die materiaal. Knip die breedte volgens die hoogte van die skerm met 1,5 cm ekstra aan elke kant. Draai die materiaal om die skerm en knyp dit bo en onder met papierklemme vas.

PLAK DIT VAS

Plak eers die twee punte vas; gebruik die kwas om die gom egalig aan te wend. Verwyder die klemme, wend die gom aan die materiaalflappe bo en onder aan en vou dit oor die skerm. Knyp met die klemme vas tot heeltemal droog.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Span herwinning in vir pragtige geskenkbokse

Wil jy “groen leef”, maar is nie seker waar om te begin nie? Herwinning is ’n goeie manier om jou...

Close