×
Skakel na Engels

Maak ’n Kerskrans vir jou kaggelrak

Dis tyd vir jolyt!
Kerskrans

Maak hierdie krans met nagemaakte loof en helder bessies. Dit sal verskeie seisoene lank mooi bly. Volg hierdie maklike stappe:

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Stap 1

Gebruik ’n skerppunttang om 0,3 cm-dik ankerdraad in 25 cm-letters te buig wat jou keuse van ’n woord of frase uitspel. Bedek met groen bloemisteband.

Stap 2

Sny ’n 10 cm lange stuk draad vir elke letter en draai dit in bloemisteband toe. Buig dan die een kant in ’n klein lus (3 cm of minder in deursnee). Maak dit aan die agterkant van elke letter na aan die bokant vas. Vir letters soos , T en Y sal jy ’n lus aan elke kant nodig hê.

Stap 3

Trek die klein takkies van ’n nagemaakte krans af en – deur van onder na bo te werk – gebruik bloemisteband om hulle aan die voorkant van die stam van elke letter te heg om ’n basis te vorm. Gebruik warm gom om die voorkant en die kante van elke letter met nog groen op te vul. (Die takkies moet effens oorvleuel.)

Stap 4

Plak nagemaakte of droë bessies aan elke letter vas. Ryg ’n 8 cm lange rooi lint deur die lussies om die letters op te hang wanneer jy klaar is.

Wenk: Draadlussies aan die agterkant van elke letter maak dit maklik om te hang.

FOTO: iStock/Foxys_forest_manufacture

LEES OOK:

Video: Hierdie snaakse Suid-Afrikaanse Kersfeesliedjie gaan jou dag maak!

Jou vooruitwerk-tydplan vir ’n tradisionele Kersete

Ons 10 beste Kersfeeskoekie-resepte

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou vooruitwerk-tydplan vir ’n tradisionele Kersete

Maak gereed vir Kersdag met hierdie maklike tydplan.

Close