×
Skakel na Engels

Maak ’n gewoonte van dankbaarheid

Dit sal jou beste gewoonte tot nog toe wees
dankbaarheid

Ons weet almal dis deel van goeie maniere om “asseblief” en “dankie” te sê, maar om dankbaarheid in jou lewe te toon kan jou gemoed lig en jou gelukkiger maak. Lees hier hoe jy dit ’n gewoonte kan maak.

Bring dankie-sê-briefies terug.

Om ’n brief van waardering te skryf aan iemand wat ’n verskil in jou lewe gemaak het en dit dan persoonlik af te lewer, sal jou bui vir tot ’n maand daarna verbeter, volgens een studie. Jy sal ook voordeel put uit kort notas, teksboodskappe en e-posse.

Maak tyd vir waardering.

Hoe meer jy die goeie dinge aktief waardeer, ongeag hoe klein dit is (’n lekker koppie tee, die blou lug, ’n grappie tussen vriende), hoe meer vergroot jy jou kapasiteit om dié dinge raak te sien wanneer dit gebeur.

Lees ook: Jou teenverouderingstydlyn

Hou boek van jou dankbaarheid.

Hou tred van al die goeie dinge met ’n dankbaarheid-app soos Attitudes of Gratitude Journal (gratis van Google Play) en lees daardeur wanneer jy ’n bietjie opbeuring nodig het.

Gebruik die negatiewe.

Jy hoef nie net op die goeie te fokus nie. Stel jou voor hoe dit sou wees as jy nie jou maat ontmoet het, jou huis gekoop het, kinders gehad het, van werk verander het, gewig verloor het of wat ook al nie – dit keer ons geneigdheid om voordele as vanselfsprekend te aanvaar.

Lees ook: Verander

Kyk ’n hartseerfliek

Om na ’n verhaal van tragedie te kyk sal jou volgens navorsing opnuut dankbaar vir jou eie lewe maak.

Maak dit ’n slaaptydgewoonte

Studies toon dis makliker om met ’n nuwe gewoonte vol te hou as jy dit met iets verbind wat jy reeds gereeld doen. Wanneer jy saans jou tande borsel, vra jouself: “Wat was vandag goed? Wat het goed afgeloop?”

Foto: iStock/fcscafeine 

 

Lees ook:

4 verrassende gesondheidsvoordele van dankbaarheid

Om dankie te sê

Die beste dinge in die lewe is gratis

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die beste gekoopte melktert in SA is …

Raai watter supermark-melktert het die beste in GH se kantoorsmaaktoets gevaar

Close