×
Skakel na Engels

Maak korte mette met parallelle parkering

Sukkel jy met parallelle parkering? Verbeter jou vaardighede met ons maklike stap-vir-stap-gids
parallel parkeer

Dis heeltemal normaal om geïntimideer te voel deur die blote gedagte aan parallelle parkering, veral voor ander mense. Dis egter die moeite werd
 om deur te druk (en nie drie keer om die blok te ry om daardie parallelle parkeerplek te vermy nie!). As jy dit eers onder die knie gekry het, sal jy dit amper toe-oë kan doen. Die belangrikste is om die regte fokuspunte te kry om jou motor moeiteloos in lyn te parkeer.

 

Deel die proses van parallelle parkering in dié vier maklike stappe op:

  1. Hou langs die voertuig stil waaragter jy wil parkeer. Jou agterwiel moet langs dié motor se agterste buffer wees. (Moenie jou flikkerlig vergeet nie.) Ry nou agteruit totdat jou skouer net verby die ander motor se agterbuffer is.
  2. Stop en draai jou stuurwiel heeltemal na die kant van die parkeerplek
 toe terwyl jy in al jou spieëltjies 
en blindekolle kyk. Begin weer agteruitry. Jou motor behoort in die 
oop plek in te beweeg – maak seker jy hou die stuurwiel heeltemal gedraai.
  3. Fokus op die motor in jou truspieëltjie en die een voor jou. Wanneer die voorste regterhoek (as jy aan die linkerkant van die
 pad parkeer) van die motor agter jou in die
 middel van jou truspieëltjie is, trap rem.
  4. Trek jou motor reguit. Jy sal dalk nog moet draai terwyl jy vorentoe en agtertoe ry om dit reg te kry. Jy behoort nou in die parkeerruimte en parallel met die ander motors te wees. Klop jouself gerus op die skouer. 

 

LEES OOK

6 wenke om jou motor te verkoop
Kontrolelys vir jou vakansiereis 
14 maniere om jou motor se loopkoste te verminder

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Oorleef só gevaarlike nasionale paaie dié vakansie

Dié wenke sal jou help om enige van ons nasionale paaie te oorleef wat vir gevaarsones bekend is

Close