×
Skakel na Engels

Maak kerse in ou teekoppies

Antieke teekoppies wat hul pierings verloor het, kan oulike geskenkies maak as hulle in kershouers verander word

 

Wat jy nodig het:

  • Gompistool
  • Kerstermometer (of gebruik die tipe wat ’n mens gebruik wanneer jy suiker smelt vir lekkergoed)
  • Draadpit met waks om, en ’n knippie/plaatjie
  • Roomwaks of gebreekte ou kerse
  • Knippe waarmee jy sakkies verseël, of bamboesstokkies
  • Geursel vir kerse (jy kan roos, vanielje, laventel, ensovoorts gebruik)
  • Antieke teekoppies (of enige ander houer waarvan jy hou)
  • Dubbelkoker (die belangrike ding is dat die water nie aan die glashouer moet raak nie)

Instruksies:

Stap 1

1. Gooi water in die dubbelkoker, sny die waks in stukke en plaas dit binne-in die houer. Haak die termometer aan. Draai die plaat op hoë hitte.

 

Stap 2 & 3:

2. Gebruik die gompistool om die draadkern-kerspitknippie onderin die houers wat jy gebruik, vas te gom. 3. Laat die kerspit van ‘n bamboesstokkie afhang sodat dit mooi reguit is. Jy kan ook 'n knippie waarmee sakke verseël word, gebruik om die kerspit vas te knyp. Dit moet net lank genoeg wees.

 

Stap 4

As die waks eers gesmelt het en tot omtrent 83°C verhit is, verwyder van die hitte en voeg kleur by. Wag tot dit tot 80°C afkoel om geursel by te voeg.

 

Stap 5

Giet die waks in elke houer en maak seker dat die kerspit op sy plek bly. Gaan die houers gereeld oor die volgende halfuur of so na om seker te maak die kerspitte skuif nie.
En voilà!

 

Ons het hierdie slim stap-vir-stap-aanwysings op Everything Fabulous gevind.

 

 Ons is versot op:

Ons is dol oor dié kerse van The Vintage Candle Company, verkrygbaar by Smitten Home & Life. Dis ’n slim manier om van ougoed hougoed te maak. Vanaf R120.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Verwyder só verf van houtmeubels

Ons wys jou die beste (en maklikste) maniere om verf en vernis van houtmeubels af te kry.

Close